Video en foto’s: Nuwe Raptor verstom!

Ford het pas sy nuwe Ranger Raptor onthul.

Die grootste nuus is die gebruik van Ford se fantastiese 3.0-dubbelturbo- V6 EcoBoost-enjin. Dié enjin bied ʼn asemrowende 292 kW en 583 Nm.

Dit is geen geheim dat ek dink ʼn Ford Raptor is tans die gemaklikste bakkie op die mark nie. Ons het ook onlangs deur Lesotho met die bakkies getoer en ek kan steeds nie uitgepraat raak oor die avontuur nie – dit was werklik ʼn belewenis.

Die volgende Raptor gaan selfs méér bekwaam wees met ʼn ewenaarslot op die voorste dryfas. Die nuwe Raptor spog met permanente vierwielaandrywing en ʼn laestrekratkas. Dié hardeware gepaard met die pasgemaakte Fox 2.5″-skokbrekers verander die Raptor in ʼn tydrenmotor – vir die pad, die bos en ʼn grondpad.

As mens al die hardeware inspan, is daar sewe verskillende rymodusse om van te kies soos: Normal, Sport, Slippery, Rock Crawl, Sand, Mud & Ruts en Baja.

Ek skat die nuwe Raptor sal in die omgewing van R1,1 miljoen kos as hy hier in Suid-Afrika aanland. As ek na die geloofsbriewe oor sy verrigting kyk, dink ek Ford gaan dié nuwe Raptor soos soetkoek verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

krodedil ·

292kW krap jy nie agter elke bos uit nie. Kan nie wag om self een vir ‘n toetsrit te vat nie. Die Ranger se sleepvermoee wat krag betref sal hom baie gewild maak by Skiboot eienaars. Goeie artikel Brendon

Windhond ·

Hoeveel mense wat hier lees kan 1.1 miljoen – sonder rente betaal vir n voertuig? dis belaglik

andre ·

Ek neem aan dis nou n petrolenjin, soos in die Amerikaanse Raptor , wat die 3.6 V6 gebruik.Hopelik kry die gewone Ranger die V6 diesel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.