Maroela Media en Toyota se Hilux is groot pêlle en ons het al heelwat tyd met dié yster deurgebring.
Brendon Staniforth het weer met die Toyota Hilux 2.8GD-6 4×4 outo Legend-dubbelkajuit rondgerits.
Daar is besluit die 4×4-hindernisse by Zwartkops is te lig in die broek en dat die Hilux eerder sy staal in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria moet wys, waar ons ook vroeër die Fortuner op die proef gestel het.
Indien jy wil sien hoe die Toyota Hilux teen die Ford Ranger vaar – kyk gerus na die eerste episode van Perdekrag hier.