Video: Só lyk 2022 Ford Ranger 

Skermskoot uit die video.

Ford is besig met ʼn reuse-opknapping by sy Silverton-aanleg in Pretoria.

Dié motorvervaardiger maak jaarliks ʼn reusebydrae tot Suid-Afrika se BBP en het pas sy 500 000ste Ranger uitgevoer.

Dit is geen geheim dat die volgende Ford Ranger en die volgende Volkswagen Amarok ʼn samewerking tussen die twee handelsmerke sal wees nie. Die nuwe 2.0 biturbo- en enkelturbo-enjins is nie oud nie, so ek is oortuig dat ons daardie enjins en die tienspoed outomatiese ratkas in die nuwe reeks sal vind.

Hier sien ons die nuwe Ford Ranger vir die eerste keer in aksie:

Die volgende weergawe van die uiters suksesvolle Ford Ranger sal in 2022 amptelik bekendgestel word. Daar sal na verwagting oor die volgende paar maande meer spesifikasie-inligting sowel as pryse bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

Ford gaan n hou kry as hy met Volkswagen saam in die bed spring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.