Video: Toyota se Corolla Cross gou hier

(Foto: Skermskoot uit video)

Toyota het ons onlangs genooi om die nuwe Toyota Corolla Cross te aanskou.

Dit was nie die amptelike bekendstelling nie, maar eerder ʼn klein voorsmakie.

Dié kompakte sportnuts word vroeg in November in Suid-Afrika bekend gestel. Die Corolla Cross gaan mooi tussen die Urban Cruiser en Rav4 in die mark sit.

Daar is drie spesifikasievlakke beskikbaar, Xi, Xs en Xr. Een enjin – ʼn 1.8- atmosferiese viersilinderenjin en twee dryfstelsels, een slegs binnebrand en die een hibried, met die hulp van elektrisiteit.

Die Corolla Cross word in Suid-Afrika vervaardig ná ʼn belegging van byna R4,3 miljard in die Prospecton-aanleg. Dit is die eerste keer dat Toyota hibriede tegnologie in sy voertuie in die Prospecton-aanleg sal vervaardig.

Ons sal weer met die werklike bekendstelling meer inligting deel, maar tot dán – kyk gerus hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wielspore ·

Die Corolla Cross word op die regte tyd bekend gestel en as bonus is dit trots Suid Afrikaans. Ons land se ekonomie is besig om te herstel en die Corolla Cross is in lyn om aanspraak te maak op die ekstra geld wat verbruikers het om te spandeer. Met Toyota se goeie reputasie en die unieke produk gaan van die ander vervaardigers verkope afstaan aan die Corolla Cross. Ek sien nogal daarna uit om die voertuig te kan sien, ons is nie so gelukkig soos joernaliste.
Terloopse opmerking, wat is die moontlikheid om kompetisies te reel vir Maroela Media petrol kop lesers, soos om byvoorbeeld om ‘n unieke naam uit te dink vir die motor gedeelte van Maroela media. Pryse kan iets soos ‘n kurses in gevorderde bestuurs kuns, BMW en VW kan dit gerus borg, aankoopbewyse van Midas ens. Aandenkings soos hemde en of klere van vervaardigers. Ek is seker die borge en Maroele media sal by dit baatvind.

Lekker ry!

Danie ·

Dit is absoluut pynlik om na hierdie man te probeer luister.

Wielspore ·

Brendon is kreatief met ‘n sin vir humor wat jy kan optel in sy aanbiedinge en dit is dit wat hom ‘n puik aanbieder maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.