Video: Die Audi-advertensie wat Brittanje nie mag sien nie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die motorvervaardiger Audi se jongste advertensie vir die R8-sportmotor is vandeesweek in Brittanje van die lug verwyder ná klagtes dat dit “roekelose bestuur” aanmoedig.

Die gesagsliggaam vir reklamestandaarde (ASA) in Brittanje het Maandag beslis dat die advertensie met onmiddellike effek onttrek moet word omdat dit ʼn verband trek tussen spoed en opgewondenheid. Die ASA het aangevoer dat Audi in dié geval roekelose bestuur goedkeur.

Die ASA is ’n onafhanklike mediareguleerder in Brittanje wat die media proaktief reguleer en ook op individuele klagtes reageer.

ʼn Voortsnellende motor verskyn egter nie een keer in dié minuut lange advertensie nie. Die advertensie is grotendeels ʼn nabyskoot van ʼn mens se pupil wat verklein en vergroot saam met die geluid van die enjin, terwyl die motor in ʼn tonnel ry.

Audi se moedermaatskappy, Volkswagen, het in ʼn verklaring gesê die menslike oog verteenwoordig konsentrasie en verheerlik nie noodwendig spoed nie. Die vervaardiger het egter steeds ingestem om die advertensie te verwyder.

Miranda Harper, Audi se woordvoerder, het gesê die vervaardiger respekteer die besluit van die ASA om die klagtes te hanteer.

Bron: USA Today

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nestus Venter ·

Ek dink ons is terug by belaglik, dom onnosele klagtes.

Voorlaaier ·

En i ruk terug het di pommies keel afgegaan omdat Victoria Beckham haar kind op di mond soen!!!.. Dit is glo te “sensueel”!!…Belaglik !!

Marianne ·

Beautiful Kar!!!!!!!!
As ek een Kon bekostig en so kon……
DAN HET EK!!!!!!!!!

Ruan ·

Die Britte is narrow minded en soek iets om oor te kerm!
Mens weet mos watse tipe krag jou voertuig het en wat sy snelhede is…
Verantwoordelik bestuurders is daar baie.

Kaufman ·

Lyk my die Britte is besig om terug te keer na goeie waardes die laaste tyd.

Pendoring ·

Klink meer na hoe ons vir baie jare moes hoor, sien en dink wat die regering gedink het is goed vir ons.

sonet ·

Jeeeee!!!!! Amazing advertensie. Ek koop sommer 2! U go AUDI

Ken ·

Eers kla julle oor taksies wat so vinnig ry en karre wat so omvou of skeur teen bome en ander karre omdat hulle te vinnig ry, maar nou komplimenteer julle die advertensie van iemand wat duidelik jaag deur n publieke pad, waar is julle moraliteit?

Johan 2 ·

Ai Ken, het jy die ad gesien? Daar is niks verkeerd nie. Die Britte bly maar net vervelige ou Britte.

jaco ·

En hier sit ek en dink die blou oog is dalk die probleem want dit kan dalk rassisties wees;-)

Johan ·

Ek sien niks vout nie…Mense wat die kar kan bekostig behoort te weet wat teen die wet is en wat nie. Buitendien sien mens teen die einde die man ry op ‘n renbaan.

Basson ·

Jammer die ‘losers’ se stem en invloed raak al hoe groter orals! :(

Pietsepan ·

Hoekom stop hulle nie sommer alle motor programme op die TV nie? Die meeste padtoetse op sulke programme wend oormatige aandag aan prestasie en niks anders nie. Soos SA se Laat Wiel program en die Engelse se Top Gear. Ek is nie gekant teen prestasie besprekings nie maar dis nie al waaroor dit gaan nie. Die Audi R8 is egter ‘n sportmotor en daar is niks fout met die advertensie wat met sy prestasie spog nie.

Kester ·

Soos ek die kommentare hier lees besef ek daar is geen wonder dat SA het van die bloedigste paaie in die wereld nie.

poot ·

Regtig Kester?
Jy het seker nog nooit die spoedgrens oorskry of jou kar se vermoë getoets nie? As jy nog nooit het nie, stel ek voor gaan probeer dit bietjie.

poot ·

Awesome advertensie. laat die pommies maar dink wat hulle wil. Julle het klaar ‘n statement gemaak. Die ingilsmanne wat dit nie kon sien nie sal dit elkgeval gaan Google.

Hein ·

Ongelooflike motor en sal graag so een wil kry (Natuurlik onmoontlik met my bankbalans) . Ek sal by die spoed bly (as ek kan) maar daar is natuurlik geen wet teen hoe vinnig jy kan versnel van 0 to 120km/h. ‘n Baie effektiewe manier van spoed beheer is natuurlik die gemiddelde spoedkameras wat hulle gebruik in KZN en in die Karoo. Die spietkop vang natuurlik die onmiddelike spoed op daardie oomblik al het jy 200m voordit 40km/h gery.

Karma ·

Ag, die Engelse is ‘n spul (omgedraaide) Lords ………….. En hulle was nog altyd jaloers op ander lande wat beter motors as hulle kon vervaardig, veral Duitsland. Wat kan jy in elk geval verwag van ‘n ou eilandjie waar die mense gepiekelde jellievis, bloedwors, kapokaartappels, pies en pap ertjies eet? :-)))

Soutie ·

Ons was maar nog altyd een stap voor julle met moraliteit. Julle sal nie verstaan nie.

Boertjie ·

Die advertensie is briljant, simpel en reguit. Die klomp britte wat daaroor kla is sommer net ou suurknolle, soos hulle al vir duisende jare al is. Give Audi a Bells vir die advertensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.