Video’s: Só vaar Mazda 2, Nissan Almera tydens botstoetse

Die Automobiel-Assosiasie (AA) en die internasionale voertuigveiligheidsorganisasie Global NCAP het Donderdag die uitslae van sy jongste #SaferCarsForAfrica-veldtog bekend gemaak.

Die botsingtoetse is uitgevoer op twee voertuie wat in die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar is – die Mazda 2 en die Nissan Almera. Die Mazda word in Thailand vervaardig en die Nissan in Indië.

Albei voertuie verloor punte oor hul bestuurdersitplekke wat nie stabiel is nie. Tydens die toetse kon daar met die Mazda gesien word hoe die sitplek se rugleuning breek en eers vorentoe ruk en dan weer te ver agtertoe skiet en ’n pop in ’n karstoeltjie op die agtersitplek vasdruk.

 

Die Almera se sitplek breek skoon uit sy spoor uit en draai effens dwars – dus die onaanvaarbare gradering vir die bestuurder se knieveiligheid in dié motor. Albei motors het twee lugsakke en bied indrukwekkende struktuur-integriteit.

 

Alejandro Furas, sekretaris-generaal van Global NCAP, sê hoewel die jongste #SaferCarsForAfrica-toetse gemiddelde resultate getoon het, is daar bekommernisse.

Die Mazda 2 tydens die botstoets

“Global NCAP doen ’n beroep op albei motorvervaardigers om hierdie gebreke [met die bestuurdersitplekke] as ’n saak van dringendheid te hersien. Ons doen ook ’n beroep op hulle om die basiese veiligheid wat in hierdie modelle as standaard aangebied word, te verbeter, deur so gou moontlik elektroniese stabiliteitsbeheer, voetgangerbeskerming en lugsakke by te voeg.”

Willem Groenewald, uitvoerende hoof van die AA, het gesê #SaferCarsforAfrica is ’n belangrike program vir die AA aangesien hulle voortgaan om te druk vir beter veiligheidstandaarde op voertuie vir plaaslike verbruikers.

Die Nissan Almera tydens die botstoets

“Die resultate toon egter dat daar steeds sekere veiligheidstekortkominge is by voertuie wat in Suid-Afrika beskikbaar is en dit behoort weereens as ’n merker vir vervaardigers en veiligheidsowerhede te dien van die behoefte aan verbeterde basiese veiligheidskenmerke wat as standaard op alle modelle wat plaaslike beskikbaar is, aangebied moet word.”

Global NCAP as organisasie voel sterk daaroor dat elke motor so veilig moontlik moet wees, en dus word die toetse deurlopend gedoen. Dit het die Suid-Afrikaanse mark reeds bevoordeel deur die toevoeging van lugsakke op voertuie soos die Datsun Go en Renault Kwid, sowel as die NP300 wat nie meer plaaslik beskikbaar is nie. Die Chery QQ3 is lankal nie meer in Suid-Afrika beskikbaar nie, terwyl die laaste voertuig wat geen sterre kry nie, die GWM Steed 5 is.

Sedert 2017 lyk die uitslae só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.