Voertuigverkope neem voor inperking reeds af  

Foto: Verskaf

Naamsa het onlangs die voertuigverkoopsyfers vir April 2020 bekend gemaak.

Die mark het vir die jaar tot op datum reeds met 28,1% gekrimp teenoor 2019 vir passasiervoertuie, 38,5% vir ligte handelsvoertuie, 27,3% vir medium-vragmotors en -busse en 29,9% vir swaarvragmotors en -busse.

Die syfers toon wel ietwat van ’n onwaarheid vir April. Volgens die syfers is daar ’n totaal van 574 voertuie plaaslik verkoop en 901 is uitgevoer.

Foto: Verskaf

Dit is natuurlik onmoontlik aangesien alle handelaars, fabrieke en hawens toe is sedert die nasionale afsonderingstyd einde Maart in werking getree het.

Waar dié syfers vandaan kom, is van voertuie wat eintlik aan die einde van Maart al verkoop en uitgevoer is, maar waarvoor daar nie tyd was om van verslag te gee nie. Dus het nuwe voertuigverkope in April met 100% jaar op jaar geval.

Die syfers lyk só:

HandelsmerkPlaaslikUitvoer
Ford30479
Toyota93670
MAN62
Iveco60
Suzuki12
Volvo92
Powerstar7
FAW Trucks6
Haval Motors42
Mahindra4
TATA4
Nissan3148
Babcock2
JMC2
Jaguar Land Rover1

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.