Volkswagen stel elektriese I.D BUZZ-konsepmotor bekend

Volkswagen se I.D. BUZZ-konsepmotor (Foto: Volkswagen)

Volkswagen se I.D. BUZZ-konsepmotor (Foto: Volkswagen)

Die meeste Suid-Afrikaners ken ʼn Volksiebus. Onthou jy nog David Kramer se advertensie met sy ou rooi vellies. Dit was nog die goeie ou dae…

Deesdae kos die jongste Caravelle-modelle ʼn plaas se prys en is buite bereik vir talle getroue Suid-Afrikaanse Volksiebus-liefhebbers. Daar is tog hoop.

Dr. Herbert Diess, voorsitter van die bestuursraad van Volkswagen, sê dié gewilde handelsmerk gaan in 2020 ʼn hele nuwe ontwerpstyl en aanslag vir sy motors inslaan.

“Ons gaan ook ʼn nuwe generasie elektriese motors bekendstel. Teen 2025 wil ons minstens een miljoen van dié voertuie, wat ten volle elektries is, per jaar verkoop.”

Volkswagen se I.D. BUZZ-konsepmotor (Foto: Volkswagen)

Volkswagen se I.D. BUZZ-konsepmotor (Foto: Volkswagen)

Die nuwe I.D. BUZZ-konsepmotor is onlangs in Detroit in die VSA gewys. Volkswagen praat van ʼn reikafstand in die omgewing van 600 km. Dit is voorwaar indrukwekkend vir ʼn elektriese motor. Volkswagen praat ook van volledig geoutomatiseerde bestuursfunksionaliteit teen 2025. Dit is bitter naby, en ek hoop die wêreld is reg vir al hierdie motors wat so self ry.

Die I.D. BUZZ is toegerus met twee elektriese motors en aandrywing in al vier wiele. Die MEB-platform is veelsydig genoeg dat daar verskeie modelle beskikbaar kan wees, sonder moeite – afhangend van streek en doel.

Ek hou baie van elektriese motors, veral in só ʼn soort motor. Kom ons hoop Volkswagen bou die I.D. BUZZ én maak dit bekostigbaar!

Onthou jy nog die destydse Volkswagen “Volksiebus”-advertensie waarmee David Kramer opslae gemaak het? Kyk dit hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.