Volkswagen wys sy nuutste GTC-renmotor

(Foto: Verskaf)

Volkswagen het verlede jaar met vier kampioenskaptitels weggery – albei bestuurder- en vervaardigerstitels in GTC (Global Touring Cars).

Daar is twee vlakke, GTC 1 en GTC 2. Keagan Masters is die 2019 GTC 1-kampioen, en Bradley Liebenberg is die GTC 2-kampioen. Masters sal vanjaar in die enkele GTC-klas deelneem in die 2021 Golf GTI saam met Daniel Rowe.

Die GTC 2 word deur SupaCup vervang, en die 2016 Drywer Soektog-wenner en 2017 Polo Beker Nuweling-wenner – Jonathan Mogotsi. Mogotsi sal in ʼn SupaCup Polo jaag. Die SupaCup-renmotors spog met oor die 200 kW en ʼn plaaslik ontwikkelde 6-spoed M-Trac‑ sekwensiële ratkas.

(Foto: Verskaf)

Die GTC-renmotors moet aan verskriklike streng maatreëls en vereistes voldoen. Ná die Jetta waarmee VW al die afgelope vier jaar jaag nie meer in regterhandstuurmarkte beskikbaar is nie, moes VW ʼn plaasvervanger soek. Die Golf GTI wat in 2021 in Suid-Afrika bekendgestel sal word, is die perfekte oplossing.

Die GTC GTI spog met ʼn indrukwekkende 500 perdekrag en 600 Nm, met ʼn ratkas agter en 380 mm‑remskywe voor met 6-silinder‑remknypers voor en 4-silinder‑knypers agter.

(Foto: Verskaf)

Ons sien daarna uit om die GTI in woede te sien sy wiele draai sodra die inperkingsregulasies dit toelaat.

Volkswagen Motorsport het nou betrokkenheid by knortjorre ook om talent van ʼn baie jong ouderdom af te ontwikkel. Daai ouens skuif gewoonlik van knortjorre oor na Polo Cup, dan GTC.

Van die renjaers wat al suksesvolle loopbane met Volkswagen plaaslik geniet het, jaag nou oorsee op die wêreldverhoog in die Intercontinental GT Challenge soos Jordan en Tasmin Pepper en Kelvin en Sheldon van der Linde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.