VW se kommersiële bus nou éérs bekwaam

Ons het ʼn wyle terug die bekendstelling van VW se nuwe Crafter bygewoon. Dit is ʼn handelsvoertuig vir diegene wat ʼn bussie eerder as ʼn bakkie nodig het. Daar is ʼn 3,5 ton-BVM-weergawe vir kode B-motorrybewyse en ʼn 5 ton-weergawe vir kode C-motorrybewyse.

Die Crafter gee sy eienaar eintlik vrye teuels om die voertuig volgens sy of haar behoeftes aan te pas.

Die Crafter se 2.0-viersilinderturbodieselenjin en 6-spoed-handratkas het my beïndruk. Die enjin bied 103 kW en 340 Nm … heel sterk.

Ek het egter gewonder hoeveel eienaars nie eerder ʼn outomatiese ratkas sal verkies nie. Wel, siedaar! Die Crafter is nou beskikbaar met ʼn outomatiese ratkas. Daar is twee weergawes. Die voorwielaangedrewe Crafter 35 kry ʼn 8-spoed-wringkragomsitter-outo. Die 4Motion-weergawe kry ʼn aangepaste weergawe van die 6-spoed-handratkas.

Die Crafter-reeks kan tussen 9,3 m³ en 17,5 m³ laai. Die langste asafstand bied ʼn laaibak van 4,6 m. ʼn Mens kan die Crafter maklik laai deur die twee agterdeure óf die skuifdeur aan die linkerkant. Die Crafter spog met fantastiese veiligheidstelsels soos vastrapbeheer, remhulp, dwarswindhulp, multibotsingremhulp, stabiliteitsbeheer en elektroniese remkragverspreiding.

Daar is ʼn magdom ekstras beskikbaar soos ʼn hoër dak, deure wat 270 grade oopmaak agter, skuifdeure aan weerskante, LED-ligte, parkeerhulp, sleepwahulp, blindekolwaarskuwing met kruisverkeerwaarskuwing, sleepwastabilisering, ewenaarslot, wegtrekhulp of afdraandebeheer, lugreëling, spoedkontrole, ʼn multifunksie-stuurwiel, aanpasbare spoedkontrole met noodremhulp tot 160 km/h, swaardiensvering en ʼn tweede battery.

Die reeks lyk nou só:

Volkswagen Crafter 35 paneelwa 2.0 TDI 103 kW MCVR616 900
Volkswagen Crafter 35 paneelwa 2.0 TDI 103 kW outoR659 400
Volkswagen Crafter 35 paneelwa 2.0 TDI 103 kW LCVR711 700
Volkswagen Crafter 35 paneelwa 2.0 TDI 103 kW handrat 4MOTIONR713 399
Volkswagen Crafter 50 paneelwa 2.0 TDI 103 kW LWBR726 600
Volkswagen Crafter 50 busombouing gereed 2.0 TDI 103 kW LWBR726 600
Volkswagen Crafter 50 busombouing gereed 2.0 TDI 103 kW XLWBR736 700
Volkswagen Crafter 50 paneelwa 2.0 TDI 103 kW XLWBR736 700

Die reeks word gedek deur ʼn 2 jaar/onbeperkte km-waarborg en 5 jaar/120 000 km-diensplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Wielspore

Met so ‘n sterk enjin en VW se bougehalte is dit die regte voertuig om ‘n kampeerwa te bou. Lekker ry.