Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus – van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
Hierdie week gesels Wiele2Wiele met twee passievolle dames. Kriekie du Plessis van Agilitee Africa gesels oor die bekendstelling van drie elektriese motorfietse en Nicky Marais van KTM Paarl oor die Funduro-byeenkomste. In die jongste episode van Perdekrag word daar gekyk watter begrotingsbuksie die beste is en dan woon hulle ook ‘n adrenaliengevulde Toyota Gazoo Racing SA-dag by.
