Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die Honda WR-V waarmee hulle tydens die feesseisoen rondgerits het en gaan kyk na die hoogtepunte, laagtepunte en inspirasie-oomblikke van die 2021 Dakar-veldtydren. Hulle gee ook vir jou goeie raad en gesels oor ‘n nuwe motorfiertsprojek.
