Wiele2Wiele: Vinkel vs. koljander

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus – van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

In die week se episode lag die Wiele2Wiele-span vir die brandstofprys wanneer hulle die langpad met Renault se Duster 1.5 dCI EDC aandurf. Die plaaslike identiese tweeling – die Suzuki Baleno en die Toyota Starlet – word met mekaar vergelyk.

Daar word ook gesels oor of jy jou motor in die oggend moet laat luier om die enjin warm te maak en dan gesels hulle met Neil van der Vyver wat op pad is na die Junior Motocross-wêreldkampioenskap in Finland om die SA vlag hoog te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Dien Starlet is duurder(hoekom?) Die Baleno het ‘n beter diens plan. Die Baleno is goedkoper. En dan is hulle is presies die selfde motor, een met ‘ S op, en een met ‘n T-hoed op. Maar as jy die Starlet wil verkoop sal jy seker beter gelddelik doen as wat jy die Baleno will verkoop. Soos altyd sal Toyota jou R5000 gee vir die Starlet, en hom dan op die verkoop vloer sit vir R25000.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.