Wielie2Wiele ry met die Audi S6, nuwe Fortuner en Volvo se XC60

Die Audi S6-sedan.

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor ‘n voertuig wat sy verrigting onder ‘n dekmantel wegsteek – Audi se S6-sedan. Hulle gaan ry ook met Toyota se nuwe kragtiger Fortuner en met Volvo se luukse XC60-sportnuts. Die span vertel jou ook meer oor die Kyalami-9-uur-uithouren en gesels met die manne van Toyota Gazoo Racing SA wat ons vlag hoog gaan hou by die 2021 Dakar-ren.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.