Yanks se voertuie gaan met mekaar “praat” om ongelukke te voorkom

Argieffoto

Argieffoto

Motors en ligte vragvoertuie in die VSA gaan in die toekoms met mekaar “praat” en mekaar so oor dreigende botsings waarsku, as die Amerikaanse minister van Vervoer, Anthony Foxx  sy sin kry.

Foxx sê die gedagte is dat motors toegerus word met apparate wat inligting soos snelheid en rigting met kragtige seine uitstuur toegerus word. Motors het dan ook ontvangstoestelle wat die data kan vertolk om die bestuurder vroegtydig oor ‘n dreigende botsing te waarsku. Die tegnologie maak deel uit van tegnologie wat onlangs ontwikkel is, en as Qualcomm bekend staan. Die maatskappy, Qualcomm, ontwikkel toerusting wat deur radioseine beheer word.

Die National Highway Traffic Safety Administration, wat jare lank saam met motorvervaardigers aan die tegnologie gewerk het, meen tot 80% van die voertuigongelukke sal so voorkom kan word.

Foxx sê hy wil die saak afgehandel hê voor pres. Barack Obama in 2017 aftree. Dit kan daarna tot 15 jaar duur voor die helfte van die VSA se voertuigpoel met Qualcomm toegerus sal wees.

Dit sal egter vinniger kan geskied as die skyfies in Slimfone ingebou kan word – tot 45% van die Amerikaanse motoriste beskik reeds hieroor.

Bronne: De Standaard, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.