ʼn Winterslaapkamer om van (en ín) te droom

Suid-Afrikaanse winters is die seisoen van warmte, kaggel-kuiers en snoesig slaap. Dit belowe winterson, aande voor die kaggel en vele lae van knus komberse en winterlakens. Daar is niks lekkerder as om aan die einde van ʼn lang dag, in ʼn warm bed met gehalte beddegoed in te kruip en te ontspan nie.

By Volpes is ons trots daarop om ons kliënte, al vir meer as 90 jaar lank, elke seisoen te help om die beste besluit te maak vir die winterslaapkamer van hul drome, teen die beste pryse vir elke sak. Daarom help ons hierdie winter, weer met ʼn paar wenke:

Begin by gemaklikheid

Kies geborselde winterkatoenlakens, beskikbaar in vyf klassieke kleure, as die basis vir ʼn goeie nag se rus. Hierdie 100% katoenlakens is van uitmuntende gehalte, en help om hitte vas te vang tussen die geborselde vesels, sonder om te warm te voel. Dit verseker dat jy warm, dog gemaklik bly deur die nag, sodat jy verfris kan wakker word.

Bou jou lae

Die volgende stap tot jou perfekte winter-slaapkamer, is om die lae te kies waaronder jy wil slaap. Ons bied verskeie opsies soos geborselde winterkatoendekens, 100%-katoenkwilts, verskeie katoenduvetstelle, insluitend Egiptiese katoen, waarvan almal beskikbaar is in plein of bedrukte ontwerpe. Kies die opsie wat die beste sal pas by jou dekor, kleurskema en leefstyl.

(Foto verskaf deur Volpes)

Om van te kies en keur

Elke winterseisoen stel Volpes ʼn groot reeks komberse en ligter, strooikomberse bekend wat stylvol en prakties by Suid-Afrikaanse huishoudings pas. Hierdie laag kan bo-oor of onder jou duvetstel gebruik word. Kies tussen dubbellaagkomberse, gebreide detail, of die sagste, nagemaakte pelskomberse in ʼn groot verskeidenheid kleure en groottes.

(Foto verskaf deur Volpes)

Waar kan jy ons kry?

Besoek ons vandag by een van ons 50 winkels landswyd, waar ons vriendelike, kundige konsultante jou sal help om die regte besluit te neem vir jou unieke behoeftes. Of besoek ons aanlyn winkel om uit die gemak van jou eie huis, ons reeks van kwaliteit bedlinne te besigtig en te bestel. Volpes, vir gehalte en bekostigbare bedlinne en gordyne.

(Foto verskaf deur Volpes)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.