Afrikaanse leerders presteer beter met aanlyn hulp

Argieffoto (Foto: Marc Thele/Pixabay)

Covid-19-inperkings het skole vir byna twee jaar erg ontwrig, maar ook nuwe oplossings vir leer na vore gebring. Een so ʼn oplossing is Die Wolkskool, wat tydens die 2020-inperking 120 000 leerders gehelp het om hul skoolwerk in ʼn japtrap te verstaan.

Die Wolkskool is ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform vir leerders in graad 1 tot 12, met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en aflaaibare werkboeke. Agt laerskool- en 16 hoërskoolvakke se werk word volledig gedek. Die Wolkskool-platform maak van die jongste tegnologie gebruik, en bied ʼn stabiele en vinnige aanlyn leerervaring – in Afrikaans!

Die Wolkskool-app is lig op data en maklik om te gebruik. Leerders kan die app gratis gebruik om video’s in die klas af te laai en dit by die huis te kyk, selfs sonder data! Dit is beskikbaar vir Android sowel iPhone-toestelle en werk op alle slimfoontoestelle.

Aktiewe Wolkskool-leerders se ouers is uiters positief:

  • “Die Wolkskool is die beste. Ander platforms bied baie, maar nie genoeg nie en boonop bied Wolkskool alles in Afrikaans!”
  • “My dogter se Wiskunde-gemiddeld het met 10% verbeter.”
  • “Dit is vir my baie voordelig om tussen verskillende grade te navigeer, omdat al twee my kinders geregistreer is.”
  • “Die Wolkskool het my kind se lewe verander. Sy gebruik Wolkskool aktief en het soveel meer selfvertroue vandat sy so goed doen. Sy is ʼn nuwe mens!”

Individuele leerders kan by Die Wolkskool aansluit teen ʼn bekostigbare maandelikse fooi. Meer as vyftig skole gebruik reeds Die Wolkskool vir al hul leerders. Spesiale pakkette is beskikbaar vir skole.

Aanlyn leer het dit vir baie leerders moontlik gemaak om by te hou met skoolwerk, al kon hulle nie skool toe gaan nie. Deesdae gebruik meeste van hierdie leerders steeds Die Wolkskool se video’s en werkkaarte om werk te verstaan, wat ekstra-klasse bekostigbaar en toeganklik maak vir almal.

Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) gee goeie raad: “Met die Junie-eksamens wat voorlê, is dit die ideale tyd om nuwe leerdoelwitte te stel. Ouers moenie wag tot die einde van die jaar om hul kinders te help om akademiese prestasie te verbeter nie. Stel nóú reeds nuwe doelwitte vas en maak Die Wolkskool deel van die oplossing om skoolwerk in ʼn japtrap te verstaan.”

Besoek die webwerf by https://skole.co.za/wolkskool/

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.