Akademia hou opedag

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Akademia se aansoeke vir 2018 is nou oop en voornemende studente kan aanlyn aansoek doen, of die opedag op 25 Maart 2017 bywoon om meer inligting oor die kursusse te bekom en daar aansoek te doen.

Akademia is ʼn gemeenskapsinstelling wat gehalte onderrig in Afrikaans bied. Die volgende grade, gevorderde diplomas of hoër sertifikate kan voor ingeskryf word:

Akademia se Opedag vind by vier van die studiesentrums plaas:

  • Bloemfontein:Groenewoudstraat 48, Bloemfontein
  • Centurion:H/v Von Willichlaan en Suidstraat, Die Hoewes, Centurion
  • George:Eerste vloer, Joubert-plaza, Meadestraat 100, George
  • Somerset-Wes:Firmountweg 82, Briza, Somerset-Wes

Studente wat sukkel om aanlyn aansoek te doen, kan hul gesertifiseerde dokumentasie na die opedag saambring, waar hul bygestaan sal word om die aanlynaansoekvorm in te vul.

Bring die volgende dokumente saam:

  1. Gewaarmerkte afskrif van ID-dokument
  2. Gewaarmerkte afskrif van matrieksertifikaat (ook vir 2017-matrieks)
  3. Nuutste CV
  4. Gewaarmerkte afskrif van enige ander reeds voltooide tersiêre kwalifikasie wat behaal is.

Program vir die dag:

10:00 – Opening en verwelkoming

10:10 – Waarom Akademia en hoe lyk die pad vorentoe?

10:20 – Hoe werk die Akademia-model en akademiese jaar?

10:30 – Verduideliking van die verskeie studierigtings met vraag-en-antwoord-geleentheid

11:00 – Program eindig – algemene navrae en hulp met aansoeke nou moontlik

Die program herhaal om 12:00.

Vir navrae, kontak Akademia by 0861 222 888, stuur ʼn e-pos na [email protected] of stuur ʼn teksboodskap na 34933 (R2 per SMS).

Vir meer inligting oor registrasie, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Fantasties!! Mag daar duisende inskryf, suksesvol studeer en hul kwalifikasies met trots verder neem die werkswêreld in.
BAIE dankie dat jul nie moed opgee nie.

Wouter ·

Wonderlik! Sal staatsinstansies hul ook in diens neem as hul klaar studeer het. Ek wonder maar net….. Maar ek ondersteun julle 100%.

Cara ·

Ek wonder net waar of hoe moet die 2017 matrieks n gewaarmerkte afskrif van hul matriek sertifikaat in maart 2017 kry as hul dit natuurlik eers in Januarie 2018 gaan kry? Wonder maar net…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.