Akademia hou weer inligtingsessie by studiesentrums

(Foto: Akademia)

Kom kry ʼn blik op jou toekoms by Akademia se inligtingsessie oor nauurse studies wat op Saterdag 3 Oktober vanaf 10:00-11:00 by studiesentrums in Bloemfontein, Centurion, George, Somerset-Wes, Vanderbijlpark en Windhoek gehou word. Hierdie sessie is die eerste een sedert die inperkingsregulasies ingestel is wat weer in persoon by studiesentrums gehou word.

As jy vir die eerste keer ʼn kwalifikasie wil voltooi, of jouself nog beter met verdere studies wil toerus, bied hierdie kort dog kragtige sessie die ideale geleentheid om jou ʼn demonstrasie te gee oor hoe jou Akademia-klas in 2021 sal wees. Die program vir die sessie is saamgestel om ʼn oorsig van Akademia te bied, die model en aansoekproses te verduidelik, sowel as om knaende vrae te beantwoord.

“Alhoewel die afgelope inligtingsessies weens huidige omstandighede virtueel moes plaasvind, is Akademia dankbaar om weer voornemende studente in persoon by ons sentrums te kan verwelkom,” sê Paul Vogel, Hoof: Operasioneel by hierdie hoëronderwysinstelling. “Nou kan ons weer ʼn eersteklaservaring bied van hoe ons kontaksessies, deur die gebruik van gevorderde tegnologie, oor ʼn landwye netwerk ʼn werklikheid word.”

Akademia se nauurse onderrigmodel is ideaal vir persone wat bedags werk of ander belangstellings najaag, terwyl hulle ʼn gerieflike klasrooster volg. “ʼn Groot bydraer tot die sukses van ons studente op hierdie model is die feit dat hulle optimale ondersteuning ontvang bydraend tot hulle nauurse klasse,” meen Vogel. Boonop het hierdie studente toegang tot ʼn uitstekende aanlyn leerbestuurstelsel wat studie-ervarings vergemaklik, en word klasopnames na afloop van kontaksessies vir hersiening beskikbaar gestel.

“ʼn Groot voordeel van Akademia se nauurse model is dat, óf jy nou in Windhoek óf in George woon, studente presies dieselfde hoëgehalte-onderrig ontvang weens regstreekse en sinkrone kontaksessies,” vertel Vogel. Studente hoef ook nie bekommerd te wees dat die kontaksessies eenrigting van aard is nie. “Klasse is ten volle interaktief en steek studente bloot ʼn hand op om ʼn vraag aan dosente of medestudente in ander sentrums te rig.” Jy kan dit eerstehands by die inligtingsessie ervaar.

Hier is die nauurse studiemoontlikhede vir 2021:

So waarvoor wag jy? Oorweeg al jou studiemoontlikhede en stuur jou loopbaanpad in die regte rigting.

Bespreek jou plek vir die inligtingsessie hier. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.