Alles wat jy wil weet oor nauurse studieopsies vir 2022

(Foto verskaf)

Akademia bied vele oplossings vir die duisende Afrikaanssprekendes wat in ʼn vriendelike, verstaanbare en gehalte omgewing onderrig in hulle moedertaal wil ontvang. Een van hierdie studentevriendelike opsies is die nauurse onderrigleermodel wat die antwoord bied vir persone wat graag wil studeer, terwyl hulle werk of ander belangstellings najaag.

Jy kan meer hieroor uitvind tydens Akademia se inligtingsessie wat op Saterdag 20 November vanaf 10:00-11:00 aangebied word. Die sessie kan sommer aanlyn vanaf jou rusbank in die gemak van jou eie sitkamer bygewoon word.

Wat kan jy van die inligtingsessie verwag?

Voornemende studente sal toegerus word met genoegsame inligting sodat hulle uiteindelik ʼn ingeligte besluit oor nauurse studies by Akademia kan neem. ʼn Oorsig oor die instelling word gebied en studiemoontlikhede word van nader bekyk. Tydens die sessie sal die klasopset verduidelik word, sowel as wat die aanlyn aansoekproses behels. Voornemende studente kan ook tydens die sessie vrae aan die aanbieder in die kletsgedeelte vra. Ná bywoning van die inligtingsessie kan voornemende studente met ʼn geruste hart hulle studieaansoek vir hulle gekose studierigting naatloos voltooi.

Studies by Akademia

Die nauurse model bied ʼn gerieflike rooster vir enige persoon met ʼn besige skedule wat steeds hulle studiedrome wil nastreef, ongeag waar hulle hulself tans bevind. Studente wat nauurs by Akademia studeer het ʼn keuse om vir klasbywoning by een van die landwye netwerk van studiesentrums aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer. Kom vind self meer hieroor uit.

  • Nou ja, waarvoor wag jy? Nooi jou ouers, kollegas en vriende om saam met jou by dié inligtingsessie in te skakel, want jou loopbaanreis begin net hier. Voornemende studente wat die gratis inligtingsessie wil bywoon moet teen 19 November om 12:00 registreer om toegang tot die sessie te verkry. Klik hier om jou virtuele sitplek te bespreek. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.