Amerikaanse fotograaf bekyk die ligter sy van ouerskap

Danielle-Guenther

Danielle Guenther het ‘n reeks foto’s geneem wat die onvolmaakte glorie van ouerskap vaslê. Foto: Danielle Guenther Fotografie

Danielle Guenther, ʼn Amerikaanse fotograaf van New York, het verlede jaar ʼn reeks foto’s geneem wat tong-in-die-kies die onvolmaakte glorie van ouerskap vaslê.

Elke huisgesin sal die tonele in die foto’s herken – tonele waarin die spaghetti op die vloer beland en die vloermoere in die winkelsentrums oneindig aanhou.

Danielle het op haar eie die kuns van fotografie bestudeer en is self ʼn ma van ʼn 5-jarige seuntjie. Sy neem graag foto’s uit die kind se perspektief. Haar reeks foto’s, getiteld Best Case Scenario, is geïnspireer deur ʼn paar gesinsfotosessies wat handuit geruk het.

“Alhoewel ouerskap morsig is, het dié soort morsigheid sy eie skoonheid,” het Danielle aan die Huffington Post gesê. Sy het ʼn paar van hierdie tipe foto’s op haar webwerf en Facebookblad gepubliseer, waarna sy meer versoeke gekry het om dié soort foto’s van gesinne te neem. Die reeks foto’s word nou oral op sosiale media gedeel en verskeie nuusnetwerke en blogs het onderhoude met Danielle oor haar foto’s gedoen.

“Party dae is ouerskap beslis nie maklik nie, maar ek hoop my foto’s help ma’s en pa’s om die chaos daarvan te omhels en die humor in elke situasie raak te sien,” het Danielle gesê.

Besoek gerus Danielle Guenther Photography om nog van haar foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.