APA: Uitstekende oplossing vir ʼn tersiêre kopseer

Binne die kampus (Foto: APA)

Die toenemend onvoorspelbare toestande en standaarde aan openbare universiteite besorg voornemende studente (en hulle ouers) hoofbrekens. Die Afrikaanse Protestantse Akademie bied ʼn uitstekende alternatief: bekostigbare privaat tersiêre onderrig in Afrikaans van ʼn hoogstaande gehalte met ʼn Christelike grondslag.

Enigeen wat graag in Afrikaans wil studeer en vir wie die bemiddeling van die wêreld waarin ons leef met die Christelike geloof belangrik is, behoort ernstige oorweging te skenk aan die APA as ʼn moontlikheid vir tersiêre onderrig. Met ʼn keuse van aftandsonderrig, wat studente in staat stel om te werk en te studeer, óf om klas te draf indien studente in Pretoria en omgewing woonagtig is, kan die APA ʼn wye verskeidenheid van studente-behoeftes aanspreek.

Moedertaalonderrig is ʼn verdere voordeel van groot waarde. Taal is die stroom waarin die gedagtegang vloei en konsepvorming in die moedertaal is van integrale belang om uiteindelik verstaan te bewerkstellig. Dit is geen toeval dat moedertaalonderrig-skole in die algemeen bewysbaar beter presteer in wiskunde, wetenskap en die tale nie. Die APA bou voort op hierdie grondslag van uitnemende standaarde binne Afrikaanse onderrig met bewese vakspesialiste as dosente en ʼn vinger op die pols van ʼn groter prentjie as net die plaaslike.

Biblioteek (Foto: APA)

Gestig in die laat tagtigerjare as ʼn skool vir teologiese opleiding, het die APA ontwikkel tot ʼn volwaardige selfstandige universiteit wat spesialiseer in die geesteswetenskappe. Binne die omraming van ʼn Christelike wêreldbeeld wil die APA studente begelei om krities idees te verken en te beredeneer. Die sogenaamde vierde industriële rewolusie wat die hele wêreld aan die gons het, gaan van toekomstige gegradueerdes vereis om ʼn blote tegniese kennis te vervang met oordraagbare kritiese en analitiese vaardighede wat vindingrykheid en probleemoplossing in die hand werk. Die geesteswetenskappe, wat uitmond in meningsvormende beroepsvelde soos: sielkundiges, joernaliste, onderwysers en predikante, ontwikkel en bevorder by uitstek kritiese en analitiese denke.

Hierdie vaardighede verouder nie, maar rus die een wat dit ontwikkel het toe vir ʼn leeftyd van onafhanklike denke. Wat die oorspronklike ontstaansrede van die Akademie aanbetref: die APA se splinternuwe BDiv is ʼn volledige graad in Teologie en alhoewel reformatories van aard is dit nie denominasie gebonde nie – die Fakulteit Teologie is daarop toegespits om bande met ander instellings wat teologiese opleiding van ʼn soortgelyke aard doen, ook internasionaal, te bewerkstellig en in stand te hou.

Nagraads bied die APA tans ʼn afstandsgebaseerde Nagraadse Gevorderde Onderwys Sertifikaat (PGCE) aan. Studente kan dus ʼn driejaar- BA-graad aan die APA voltooi en voortgaan om ʼn aanwendbare NGOS-kwalifikasie te verwerf. Gegradueerdes wat reeds kwalifikasies aan ander instellings verwerf het en wat graag hul vaardigheidspektrum wil uitbrei, is welkom om aansoek te doen binne die NGOS-program. Die APA oorweeg elke aansoek op meriete en staan kandidate by met advies aangaande die oorbrugging van ʼn bestaande kwalifikasie ten einde ʼn NGOS te kan verwerf. Studente wat Afrikaans goed lees en verstaan maar meer gemaklik is om in Engels te skryf en te antwoord is ook welkom om die APA te kontak rakende die NGOS-program.

Besoek die webwerf: APA
Besoek APA by Sakeliga KragDag 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.