Baba op pad: Pak só vir mamma, pienkvoet

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Saam met ʼn nuwe bondeltjie vreugde gaan ʼn paar administratiewe reëlings gepaard en een hiervan is wanneer en hoe om ʼn sak vir die hospitaal te pak.

So ʼn sak behels items vir mamma sowel as die splinternuwe pienkvoet. Dit is ʼn goeie idee om reeds in die agtste maand van jou swangerskap jou hospitaalsak te pak, aangesien babas soms vroeër as beplan hulle opwagting maak en mamma nie onkant betrap wil word met items wat nog nie gepak is nie.

Die span van Mediclinic Baby het ʼn handige hospitaalsaklys opgestel om die proses te vergemaklik en seker te maak mamma is voorbereid op die kleinding se koms:

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Vir mamma:

  • Liggewig pajamas wat voor oopknoop (een stel per dag)
  • Drie voedingsbra’s
  • Kraamdoekies
  • Pantoffels en kouse
  • Japon
  • Toiletware
  • Haardroër en borsel
  • Spieëltjie
  • Kontant
  • Swart pen en kopieë van identiteitsdokumente van albei ouers vir geboorteregistrasie
  • ʼn Stel klere en skoene vir wanneer jy huis toe gaan
  • Twee waslappe, verkieslik donkerkleurig
  • Alle chroniese medikasie en swangerskapvitamines
  • Selfoon, laaier en dubbelpuntmuurprop
  • Kamera en laaier

Sou jy normaal kraam in plaas van om ʼn keisersnee te ondergaan, bring ook:

  • Suiglekkers, lipsalf en vrugtesap
  • Babapoeier of ‑olie vir massering
  • ʼn Gemaklike T-hemp
  • Tydskrifte, speletjies of boeke

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Vir baba (onthou om alles dubbel te pak vir ʼn tweeling)

  • Vyf stelle skoon babaklere, frokkies, babapakkies (babygro), ʼn toedraaikombersie (receiving blanket), kousies en mussies
  • Een warm kombers
  • Bottels, tiete, formulemelk en steriliseringseenheid
  • Fopspeen en houer
  • Twee pakke doeke (grootte 0)
  • Naelstelletjie en sjampoe
  • Boudsalf
  • Telament-druppels

Nog ʼn handige wenk is om ʼn babapakkie, ʼn frokkie, ʼn mussie en kouse apart in Ziplock-sakkies te verpak en te merk watter stelle jy eerste wil aantrek.

Bronne: Babyyumyum.co.za, Pampers.com, Mediclinic.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.