Beskerm jou kleinding teen kleuterskoolverkoue

(Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Jy is dalk ’n ouer wat die pediater se drumpel deurtrap met ’n kleinding wat omtrent altyd met ʼn kuggie, loopneus of omgekrapte maag rondloop.

Dit is egter nie ’n teken van slegte ouerskap nie; dit is waarskynlik deel van die kleuterskoolsindroom. Dit verwys na virusse, bakterieë en kieme wat babas, peuters en kleuters by hul dagmoeders en kleuterskole opdoen.

Die meeste ouers kan met gemak een of twee siekdae hanteer, maar hierdie sindroom verwys egter na ’n siklus waartydens kinders bloot die een verkoue vir die volgende een verruil.

Michele Carelse, uitvoerende hoof van Feelgood Health, het ’n lys van vyf voorkomende maatreëls saamgestel om jou kleinding teen dié sindroom te beskerm.

Voedsel met voedingswaarde

Alhoewel talle kinders hul neuse optrek vir sekere kossoorte, veral wanneer dit effe groen en grillerig lyk, is dit belangrik om seker te maak dat hulle steeds kos eet wat genoeg voedingswaarde bevat.

Carelse stel voor dat ouers hulself vergewis van watter voedselsoorte hul kleinding nodig het, en om dit slim in aantreklike borde kos te verpak.

Probiotika

’n Voorbereide kind is ’n kind wat nie sal siek word nie.

Talle ouers verkies om veral tydens seisoene waartydens verkoue en griep vlamvat, vir hul kleingoed probiotika te gee.

Olies vir die olik

Essensiële olies word dikwels gebruik vir hul antibakteriële eienskappe. Die olies moet egter nie aan babas, peuters en kleuters se vel gesmeer word nie.

Sy beveel aan dat olies deur middel van ʼn lugverspreier in die vertrek gebruik word.

Laat dit loop

Dit is belangrik om nie aanhoudend te probeer om die loopneus te laat opdroog nie.

Slym is dikwels die liggaam se manier om van kieme ontslae te raak; dus is dit nie noodwendig goed om dit op te droog nie.

Carelse stel voor dat ouers eerder produkte aanskaf wat die slym loskry sodat kleinding se lyfie makliker daarvan ontslae kan raak.

Gee daardie immuniteit ’n hupstoot

Natuurlike middels wat jou kind se immuniteit ’n hupstoot gee, sal verligting bied wanneer kleuterskoolsindroom weer aan jou deur kom klop. Produkte soos BaniFlu en KiddieBoost sal hiermee help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DieKriek ·

Ons doen reeds al daardie vir my 3-jarige kleindogter maar sy kry pal die een of ander kiem, dra dit dan huistoe en steek ons almal aan. Hopelik hou dit nie vir ewig so aan nie.

Ek dink die probleem is erger vir kleuters wat nie van babadag af kleuterskool toe gegaan het nie.

Carin ·

Jong, DieKriek. Albei my kinders is van 4 maande af in die skool. Die een is 3 jaar oud. Ongelukkig is die meeste v sy lewe “pandemietyd”. Die toemaak van skole en protokolle wat se jy mag nie jou kind met “simptome” skooltoe stuur nie het alles kom deurmekaarkrap. Kinders se immuunstelsels het lui geraak (ek het met dokters gesels). Dit is asof hulle knaend sukkel met iets en langer vat om oor dit te kom as normaalweg. Ek was so vies oor die maatreels. Want kinders is ‘n baie lae risikogroep (tsv uitsonderings) en meestal asimptomaties (wat bittermin die virus oordra). Nou moet ons as ouers (en in baie gevalle grootouers) sit met die gebakte pere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.