De Goede Hoop-studentekoshuis: Dié plek waar jy wil wees

Foto verskaf deur De Goede Hoop

De Goede Hoop is ’n Afrikaanse studentekoshuis in Pretoria wat aan studente die geleentheid bied om in ’n veilige omgewing te kan leef en studeer.

De Goede Hoop stel studente in staat om aan alle studenteaktiwiteite, wat sport, kultuur en kampusinisiatiewe insluit, deel te neem.

Die koshuis het ’n mans- en damesvleuel en bestaan uit eenhede met drie tot vyf kamers. Die eenhede het ’n kombuis, wat toegerus is met ’n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatinduksiestoof, potte en panne, asook ’n leefarea en badkamer wat gedeel word. Elke kamer het reeds ’n bed, lessenaar, stoel, aansteekbord en ingeboude kas.

Die koshuis beskik ook oor ’n klubhuis met braaigeriewe en ’n TV. Verder sal studente toegang hê tot wasgeriewe met wasmasjiene en tuimeldroërs, asook ’n IT-lokaal met internet en werkruimte.

Elsabè en Nantes Kelder is die koshuisouers en woon op die perseel om sodoende die nodige leiding aan die studente te verskaf. Hulle het die afgelope jaar daarop gefokus om ’n huis weg van die huis te skep waar studentwees in ’n veilige omgewing uitgeleef kan word.

“Tradisies word oor jare gevestig en ons wil jou uitnooi om deel te word van ’n groep baanbrekers wat help bou aan ’n trotse Afrikaansvriendelike, Christenwaardegedrewe familie waar jy nie skaam hoef te wees oor wie jy as Afrikanerstudent is nie,” sê Nantes.

Koshuisverblyf vir 2019 is beskikbaar teen R3 960 per maand. Doen vandag nog aansoek vir verblyf in hierdie Afrikaanse, Christelike koshuis. Besoek die De Goede Hoop-webtuiste by www.degoedehoop.co.za vir meer inligting, asook om aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.