Die veiligste matriekvakansie ooit!

netvirmatrieks-bootreis-01.jpg

Dié bootreis verskaf ʼn veilige omgewing vir jongmense. (Foto: verskaf)

Wat is jou kind se veiligheid vir jou werd? Die meeste ouers sal saamstem dat daar geen bedrag geld hieraan gekoppel kan word nie. Talle matrieks sal ook vanjaar die einde van hul skoolloopbaan vier met ʼn heerlike vakansie. Maar sal jou kind veilig wees? Dalk sal hy of sy nie self onder die invloed bestuur nie, maar wat van die ander mense wat wel onder die invloed bestuur? Wat van misdadigers wat oral rondhang gedurende die vakansieseisoen, gereed om toe te slaan wanneer almal se skanse sak?

Daar is egter ʼn baie veilige opsie wat boonop ʼn ongelooflike ervaring vir matrieks bied. Die matriekbootreis!

Waarom is dit veilig? Hier is die feite:

  • Daar is ʼn betroubare busdiens wat passasiers van die lughawe na die hawe vervoer.
  • Die identiteit van al die passasiers op die skip is bekend, niemand kan op- of afklim sonder ʼn paspoort nie, en niemand kan sekerheidsbeheer en doeane vryspring nie.
  • Sakke en tasse word geskandeer met die aanboordgaanproses wat beteken dat passasiers nie dwelms, drankbottels, wapens of onwettige items op die skip kan vat nie.
  • Jou kind kan uiteraard nie drink en bestuur nie.
  • Daar is ʼn span hoogs bekwame sekerheidspersoneel in uniform op die skip wat deurentyd sigbaar is.
  • MSC het uitstekende 24 uur lange mediese dienste.
  • Daar is sekerheidskameras in openbare gebiede.
  • Die organiseerders, Finesse Voelgoed Tydskrif / Voelgoed Media, het al meer as 17 bootreise aangebied en stel passasiers se veiligheid eerste. Die span dra ook elke dag spandrag om duidelik sigbaar te wees, indien iemand hulp nodig het.

Natuurlik wil matrieks pret hê, hulself geniet en saamkuier. Dié bootreis verskaf ʼn veilige omgewing hiervoor, en indien daar ongerymdhede of ʼn ongeluk sou wees, is daar ʼn waterdigte sisteem om dit onmiddellik te hanteer.

Klik op https://voelgoed.co.za/netmatrieks-2023/ vir meer inligting oor die matriekbootreis van 2023.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.