Egskeiding: Voorkom uitbranding as enkelouer


een-cappuccino-magriet-smit

Magriet Smit een van die skrywers van die boek ‘Een Cappuccino en ‘n creme soda, asseblief’. Foto: Youtube.com

Elize Parker en Magriet Smit gesels met Annelize Brits oor die uitdagings verbonde daaraan om ’n enkelma te wees. Hulle gee raad oor hoe om uitbranding te voorkom, asook aan die pa se rol. Parker en Smit is die skrywers van die boek Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cindy van der Merwe ·

Baie dankie vir hierdie inspireerende boodskap vanoggend. Ek gaan op die stadium deur ‘n baie moeilike tyd met my ex-man. Ek voel presies soos u genoem het. Haat, moeg, pyn, hartseer, vergifnis. het 2 kinders – meisiekind 15 en seun 11. Deur leuns het ek Dinsdag 29/09/15 my seun verloor en by sy pa gaan bly. Ek het probeer die beste gee en op die regte pad gelei. Mense se verkeerde invloed het ek nie daarin geslaag om sy seun se hart te wen nie. Hy is agter die lekker en maklik aan. Hierdie mamma is stukkend en weet nie hoeveel houe ek nog kan hanteer nie. Gelukkig het my meisiekind se ogies oopgegaan en sy my nooit los nie. My geloof op hierdie stadium is bietjie leeg en vol woede. Hoe kan ‘n ma wat als in haar huwelik en kinders probeer gee het net so teleurgestel word en in die rug gesteek word. Hierdie boodskap het my laat besef daar is ander ma’s wat ook soos ek voel en deur gaan. Ek moet my kop oplug en net aangaan.

Ellarie ·

My grootste Probleem na egskeiding is die feit dat my xman nie kan KOMMUNIKEER NIE!! Dit is nou 1000 maal erger as toe ons getroud was. Party mans kan net nie aanvaar dat hul ook op stadium moet groot word nie. Glo as mens in jou 40 is moet daar sekerlik nou al iewers lig aangaan wat jou laat besef om verantwoordelikheid te neem. Vra nou al vir meer as ‘n maand vir dokumentasie van sy kant , met geen reaksie nie. En toe ek hom vanoggend vir die laaste keer vra, sal hy my ewe kalm inlig, dat hy dit direk aan die betrokke party gestuur het. Gedink ek gaan ‘n aar in my kop bars!! Dit sal soveel makliker wees as een van die partye baie ver weg bly…. Aan die Positiewe kant: Ek het een super wonderlike dogter, waarop ek baie trots is, en besef as ek na haar kyk, dat ek darem nie ‘n totale mislukking is nie!

Simone ·

Ek het my kiddies verloor aan hulle Pa 12 jaar terug.. Sien hulle glad nie, hulle wil niks van my weet nie… dit alles oor leuns wat pappa vespry.. aan al die ma’s en pa’s daar buite.. die dag waneer julle nie meer lief is vir mekaar nie, onthou asb die kinders hoef nie te kies nie… julle is albei ouers, julle kiddies is deel van julle.. daardie kids se wortels le in julle, en deur die nader sleg te maak, se julle vir die kiddie indirek hulle is ook half vrot.. mens kan nie n halwe vrot appel vars maak nie, en as jy die vrot stuk afsny, is daar net die helfde , jy kan nie weer die appel heelmaak of regmaak nie, en waneer die appel gesny is word die ander kant net vinniger vrot , bou julle kinders so sterk dat as die wereld hulle begin afbreek, daar steeds n sterk mens oorbly, moet asb nie deel he aan die afbreek proses nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.