Ek is nog nie reg om uit my ouerhuis te gaan nie

Argieffoto: Pixabay.com

Een van die groot mylpale is om eendag op jou eie te bly.

Vir party mense gebeur dit dadelik ná skool: hulle gaan bly in ’n koshuis of op ’n ander dorp. In baie gevalle is dit die enigste opsie. Vir ander is dit nie nodig nie en bly hulle langer ná skool in hul ouerhuise.

Die jongste navorsing wys dat baie jong mense vandag ná universiteit terugtrek na hul ouerhuise toe – nie omdat hulle noodwendig wil nie, maar omdat dit eenvoudig te duur is om op hul eie te bly. Dis ook belangrik om te weet dat kinders in vorige generasies lank saam met hul ouers gebly het en in baie kulture is dit nog steeds die norm.

Dit bly vir baie ’n angswekkende gedagte om op hul eie te bly. As dit jou voorland is, is hier ’n paar goed om te onthou:

  • Begin solank tuis meer bewus raak van wat nodig is om op jou eie te bly, soos die doen van inkopies, was van wasgoed, huisskoonmaak en die begroting van die huishoudig. Dit sal dit makliker maak wanneer jy moet uittrek.
  • Vir baie is die vrese emosioneel: dit voel of jy jou ouers verloor, of dat jy nie meer deel is van die huis nie. Jy kan onseker voel of jy dit regtig gaan regkry (en dit is maar net een van baie aanpassings in die nuwe lewensfase wat jy alleen moet trotseer. Onthou egter, jou gesin bly jou gesin en sal altyd daar wees vir jou.
  • Daar gaan beslis interessante (selfs wonderlike) nuwe mense daar wees waarheen jy trek.
  • Al die grootmensdinge wat jou nou intimideer, is iets wat jy mettertyd gáán regkry en dalk selfs later geniet.
  • Hoe dit ook al sy, die beste ding om te doen is om elke dag of nuwe uitdaging stappie vir stappie te doen en vas te byt – kort voor lank gaan dit voel soos iets wat jy nog altyd gedoen het!

Dié artikel is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

Gielie Hoffmann

Meer oor die skrywer: Gielie Hoffmann

Gielie Hoffmann doen as leierskapskonsultant leierontwikkeling by skole en universiteite. Daarmee saam help hy sportspanne en atlete om geestelik voor te berei.

Deel van: Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
JJ

Gielie, meeste “jongmense” van vandag is mos te goed vir werk. As jy 18 is, is jy n grootmens, en moet so ook begin optree. Ek’s direk na skool uit die huis, gaan werk en swot, mens gaan net terug ouer huis toe vir n braai en kuier. As jy tot 30 nog daar bly is jy n spunger.

VanAfrika

Vandag is dit ook nie meer veilig om die ouers alleen te los nie, dis ook nie meer veilig vir die kinders om te trek. My een seun is nog by my en een by die ander deel van sy familie. Ek bekommer ewe veel of altwee elke dag veilig is.

my mening

@JJ, Ek stem 100% saam met jou. Ek weet van ‘n geval waar die persoon by sy ouers bly tot op die ouderdom van 30 waar die persoon nog “studeer”.
meer soos op die ouers se nekke lê. Want om te swot is mos beter as om jou eie lewe te kry
Mamma en Pappa gaan verewig daar wees om te sorg.
of die jonger boetie/sussie moet vir hom goed koop of sorg dat hy geld het

Sommige jongmense het al hoe meer rugraatloos geword. Ek blameer die ouers. die ouers wil die kinders oppiep

Jozi

@JJ. Dis nie ‘n geval van 18 en te goed om te gaan werk nie. Dinge was duidelik anders toe jy daardie ouderdom was. Toe kon jy nog met ‘n matrieksertifikaat in jou hand begin werk. Vandag sukkel menige jong mense wat met ‘n graad of twee sit om werk te kry. Hoeveel erger is dit nie vir die matrieks nie? Waar trek ons die strepie? Wanneer was jy jou hande in “onskuld’ en wys jy jou kind die deur? Is ouerskap en verantwoordelikheid neem vir jou kind beperk tot die dag wat hulle 18 jaar oud word? Dis mense… Lees meer »

waarheid

Vandag is dit te gevaarlik om alleen te bly. Punt. Dit is nie vandag soos in ons tyd nie. Realiteit.
Kinders kan eerder vir hulle ouers help met geld per maand as om alleen erens te gaan woon. Op hierdie manier is almal veiliger.