Fees maak mense bewus van kindermolestering

kinderbeskerming

Argieffoto.

Daar is tekens wanneer jou kind ʼn slagoffer van seksuele geweld is, maar ouers kyk hierdie gevaartekens steeds te maklik mis. Dit is waarom Jaco Herbst die Cloud 9-projek begin het met ʼn fees wat poog om ouers bewus te maak hiervan.

Herbst het eerstehandse ervaring van hierdie soort seksuele geweld. Daarom het hy nou by Operasie Cloud 9 betrokke geraak, wat spesifiek op die been gebring is om die seksuele uitbuiting van kinders aanlyn te ondersoek.

ʼn Bewusmakingsfees, wat op 8 Oktober by die Weltevrede Leeuplaas in Heilbron plaasvind, sluit verskeie bewusmakingspraatjies in. Die praatjies sal fokus op kinderpornografie en -verkragtiging. Daar sal ook ʼn selfverdedigingspraatjie wees. Die spreker vir die geleenthede is kaptein Veronica Banks.

Die fees is ook ʼn familiedag met sangers soos Symphony, Chrizaan, Sean Miles, David de Wet, Danni Veralle en Celeste. Daar sal verskeie stalletjies met eet- en drinkgoed wees en ʼn gelukstrekking met groot pryse. Die verrigtinge begin om 10:00 en duur tot 22:00; die toegangsgeld beloop R50 per volwassene en R20 per laerskoolkind. Die volle opbrengs van die fees word aan die Sexual Assault Clinic geskenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veritas ·

Dit sou leersaam gewees het indien die gevaartekens in die berig genoem was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.