Gratis webinaar, videoreeks wil jou kind help met vakkeuses

Hoe gemaak met vakkeuses? (Foto: iStock)

Wanneer dit by vakkeuses kom, is daar só baie opsies dat dit ʼn mens heel deurmekaar kan maak. Ons kinders se vakkeuses van vandag beïnvloed hul studierigting van môre en ook hul beroep in die toekoms. Daarom moet hulle slim kies!

Solidariteit Jeug wil jou as ouer help om vir die leerders ʼn vars perspektief op hul toekomstige loopbaanpad te gee, en Solidariteit Jeug se gratis vakkeuse-videoreeks doen presies dit.

Dié videoreeks, wat Solidariteit Jeug aanbied, kan leerders help om die regte vakke te kies, hul opsies te verken en ingeligte besluite oor hul toekoms te neem. Die inhoud van die video’s is deur onderwyskenners opgestel en vertel leerders meer oor die inhoud van elke vak, wat hulle kan studeer as hulle die vak neem en tot watter beroepe dit toegang verleen. Ons vakkeusevideo’s is ʼn waardevolle hulpmiddel vir enige ouer en kind. Klik hier vir die #VakKeuse-portaal.

Op Woensdag 31 Mei bied Solidariteit Jeug ʼn gratis webinaar vir jou en jou kind aan waar waardevolle inligting oor die rol wat vakkeuses in ʼn kind se loopbaan speel, bespreek sal word. Verskeie vakke en belangstellings sal gedurende die webinaar bespreek word, waar jy en jou kind onder andere meer oor die volgende kan leer:

  • Jou kind se belangstelling
  • Vakkeuses
  • Toelatingspuntetelling (TPT)
  • Jou kind se loopbaanpad

Ons nooi elke ouer uit om vir die webinaar te registreer en gemoedsrus oor jou kind se vakkeuses te kry. Klik hier om te registreer.

(Grafika verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.