Gun jou kind ʼn veilige en bekostigbare matriekvakansie

(Foto verskaf)

Vir ouers is daardie matriekvakansie iets waarna die meeste van ons geweldig opsien omdat ons hulle lief het, besorgd is en hulle veilig en gekoester wil hou. Vir ons kinders wat vanjaar matriek skryf is dit iets waarna hulle hul hele skoolloopbaan uitgesien het. Die geleentheid om vir die eerste keer as ʼn volwassene saam met vriende alleen te kan gaan vakansie hou.

Gelukkig hoef dit nie meer vir jou as ouer ʼn kopseer te wees nie. Jy kan nou jou kind die geleentheid gun om op ʼn veilige en bekostigbare manier ʼn onvergeetlike matriekvakansie te gaan beleef. Jý kan jou kind se droom bewaarheid deur vir hom/haar ʼn plek te bespreek op die #NetMATRIEKS-bootreis wat vanaf 5 tot 9 Desember 2022 plaasvind op die luukse MSC Orchestra.

Die #NetMATRIEKS-bootreis is ’n jaarlikse instelling waar graad 12’s die geleentheid kry om in ’n veilige omgewing, saam met matrieks van reg oor die land, hulle skoolloopbaan op ’n luukse en luilekker hoogtepunt af te sluit, terwyl jy as ouer gemoedsrus het. Daar is baie oë en ore op die skip en die personeel van MSC doen alles in hulle vermoë om die passasiers ten alle tye veilig te hou. Boonop kan die kinders nie onder die invloed van alkohol agter ʼn motor se stuurwiel inklim nie.

(Foto verskaf)

Daar is ʼn witwarm lys van jong en opwindende kunstenaars spesiaal vir die jongmense en bekendes soos Timo ODV, Early B, Katinka, Brendan Peyper, Marciel Hopkins, Droomsindroom en TikTok-ster Chané Grobler wat vir fantastiese vermaak en laataand kuiers gaan sorg.

Aan boord is daar iets vir almal om te doen, regdeur die dag of nag – van minigholf, tennis, basketbal, vlugbal, virtuele speletjies en shuffleboard, tot ’n gimnasium, stap-baan, gesondheidspa en belastingvrye winkels, wat alles van parfuum en sjokolade tot horlosies en handsakke verkoop.

Hulle kan ook net heerlik op ʼn sonbed lê en ontspan en saam met vriende kuier en swem terwyl die musiek nooit ophou nie.

(Foto verskaf)

Vanaf SLEGS R7 266 per persoon wat deel, kan jou kind ook nog deel wees van hierdie eens in ’n leeftyd ervaring. ʼn Luukse kajuit, alle etes, vermaak, vertonings, danspartytjies, teatervertonings en ʼn besoek aan Pomene is alles ingesluit in die prys.

Maak seker jou kind loop nie die skip mis nie, want hy raak nou vinnig vol!

Besprekings kan direk by MSC by 087 630 0333 of 011 844 6073 / www.msccruises.co.za/cruise-deals/theme-cruises/net-matrieks-bootreis gedoen word en onthou om te sê jy bespreek vir die #NetMATRIEKS-bootreis.

Die #NetMATRIEKS-bootreis word aangebied in samewerking met Akademia en Isa Carstens-skoonheidsakademie.

Meer inligting op sosiale media:
Facebook: https://www.facebook.com/Net-MATRIEKS-bootreis-146156676242124
Instagram: @netmatrieks_bootreis
Of besoek die webwerf: https://www.msccruises.co.za/cruise-deals/theme-cruises/net-matrieks-bootreis

SCHALK BEZUIDENHOUT #NetMATRIEKS BOOTREIS from Voelgoed MEDIA on Vimeo.

#NetMATRIEKS BOOTREIS from Voelgoed MEDIA on Vimeo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.