Helpende Hand wens matrikulante sterkte toe vir eindeksamen

Foto verskaf

’n Boodskap van bemoediging van Hannes Noëth, besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand:

Ons matrieks is besig met hul eindeksamen. Dit is vir baie die laaste en belangrikste een van hul skoolloopbaan.

Solidariteit Helpende Hand wil graag vir al ons matrikulante, hul ouers en familielede baie sterkte toewens.

Ons weet dit is ’n tydperk van beproewing en baie harde werk. Hier by Helpende Hand, waar ons daagliks werk om Afrikaner-armoede te voorkom, verbreek en verlig, besef ons die belangrikheid daarvan dat almal hard moet werk, hulself goed opvoed en elke dag ywerig alles insit wat hulle kan om ’n groot verskil in die toekoms te maak. Wat jy nou saai, gaan jy maai.

Die matriekeindeksamen is iets wat spanning op jou sit en jou menswees uitdaag. Wanneer jy moedeloos raak en nie krag het om aan te gaan nie, wil ek graag versoek om moeite te doen om jouself op te pas. Leef gebalanseerd. Studeer, gaan oefen, eet gesond en kry genoeg rus. Die belangrikste is om jouself geestelik deur geloof te versterk.

As jy voel dit is tyd om hulp te soek, gaan soek asseblief hulp! Moet nie alleen aankarring en vrugteloos vorentoe ploeg nie, daar is mense rondom jou wat kan help.

Ons dink aan julle en ons loop die eindeksamen se pad saam met julle. Ons vertrou dit sal ’n groot sukses wees en tot die opbou van ons land.

Gaan met krag vorentoe.

Helpende Hand-groete
Hannes Noëth
Besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand

 

Dié artikel is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.