Hier is SA se beste buurte vir topskole

Die vraag na huise naby goeie skole het daartoe gelei dat dié buurte vanjaar ondanks ekonomiese uitdagings goed gevaar het, het nuwe data deur die eiendomsagentskap Seeff bevind.

“Die afstand na topskole is die primêre faktor wanneer daar na nuwe huise gesoek word, terwyl toenemende verkeer ook daarvoor sorg dat mense hul huise al nader aan goeie skole wil koop,” sê Seeff se voorsitter, Samuel Seeff.

Seeff sê daar is ʼn neiging dat huiseienaars met kinders migreer na gebiede waar daar goeie skole en kindersorgfasiliteite is.

“Hoewel daar deur die jaar altyd ʼn vraag vir huise naby goeie skole is, neem die aanvraag wel toe net voor die nuwe skool- of universiteitsjaar begin, omdat ouers nader aan die skool van hul keuse wil woon.”

Hier is van die beste buurte naby goeie skole, volgens Seeff se jongste data:

Kaapstad

Nuweland en Rondebosch

Naby 18 topskole, waaronder Bishops, Westford, Sans Souci en Herschel Meisieskool, Rondebosch Seunskool en SACS. Dit is ook naby die Universiteit van Kaapstad.

Gesinswonings kos tussen R4 miljoen en R12 miljoen na gelang van die gebied.

Wynberg en Claremont-Noord

Gesinshuise kos tussen R4 miljoen en 10 miljoen na gelang van die gebied.

Fresnaye en Kampsbaai

Naby skole soos Reddam House en Herzlia.

Gesinshuise kos tussen R12 miljoen en R22 miljoen.

Higgovale en Oranjezicht

Gesinshuise kos tussen R5 miljoen en R15 miljoen.

Sunningdale en Parklands

Naby 20 topskole, waaronder private skole soos Parklands College, St John’s College, Elkanah House, Curro Privaatskool en Rallim.

Gesinshuise kos tussen R1,8 miljoen en R2,8 miljoen.

Paarl en Stellenbosch

Naby topskole soos Hoër Jongenskool Paarl, Hoër Meisieskool Paarl, Paarl Gimnasium, La Rochelle, Boland Landbouskool, Paul Roos, Rhenish Meisieskool. Dit is ook naby die Universiteit Stellenbosch.

Gesinshuise in Stellenbosch kos tussen R2,8 miljoen en R14 miljoen, en in die Paarl tussen R1,8 miljoen en R6 miljoen.

Pretoria

Waterkloof, Lynnwood en Menlopark

Naby die Universiteit van Pretoria en Onderstepoort, asook Afrikaanse Hoër Seun- en Meisieskole.

Gesinshuise kos tussen R2,8 miljoen en R3,2 miljoen in Lynnwood en Menlopark, en tussen R3,4 miljoen en R3,7 miljoen in Waterkloof.

Woodhill, Mooikloof en Silver Lakes (landgoedere)

Naby skole soos Woodhill College, Curro College, Redford House, Abbotts College en Laerskool Tygerpoort.

Gesinshuise in Woodhill kos ongeveer R4,9 miljoen, in Silwer Lakes R3,3 miljoen en in Mooikloof R6,5 miljoen.

Johannesburg/Sandton

Bryanston, Atholl en Hurlingham

Naby skole soos Crawford College, Redhill, St. David’s, Brescia House, St. John’s en St. Stithians. Dit is ook naby die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), Henley Besigheidskool en die Universiteit van Johannesburg.

Gesinshuise kos tussen R2 miljoen en R12 miljoen, maar kan opskuif na R20 miljoen as jy naby ʼn skool wil koop.

Durban

Hillcrest, Kloof en Waterfall

Naby private skole soos Kearsney College, St. Mary’s, Highbury Privaatskool, Curro, en Thomas More College.

Gesinshuise kos tussen R1,5 miljoen en R2,45 miljoen.

Wembley en Claredon (Pietermaritzburg)

Naby eliteskole soos Hilton College. Dit is ook naby die Universiteit van KwaZulu-Natal en Varsity College.

Gesinshuise kos tussen R1,2 miljoen en R2,4 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.