Hoërskool Bastion: ʼn Plattelandse skool in die stad

(Foto verskaf deur Hoërskool Bastion)

Hoërskool Bastion is dié Afrikaanse waardegedrewe plaasskool waar jy wil wees.

Ons is ʼn trots Afrikaanse skool, geleë op die rand van Witpoortjie en Mindalore in Roodepoort. Ons bied 26 vakkeuses om van te kies wat nie net interessante studierigtings soos gasvryheidstudies, verbruikersstudies en toerisme bied nie, maar ook ʼn groot verskeidenheid kunstevakke. Dié vakke sluit in visuele kuns, ontwerp, dramatiese kunste en selfs dansstudies, wat deur ‘n regte prima Ballerina aangebied word!

Ons is ook die enigste vol tegniese skool aan die Wes-Rand, wat beteken dat leerders van Hoërskool Bastion reeds ʼn volledige tegniese program op skoolvlak kan volg. Dit sluit vakke in soos meganiese-, siviele- en elektriese tegnologie, sowel as ingenieursgrafika- en ontwerp, tegniese wetenskap en tegniese wiskunde. Ons spog ook met ‘n studierigting vir ons entrepreneurs en besigheidskoppe met vakke soos besigheidstudies, rekeningkunde en ekonomie. En natuurlik sluit ons geen vakke uit nie… van lewenswetenskappe tot rekenaartoepassingstegnologie is Hoërskool Bastion die skool waar elke kind sy passie kan volg.

Ons spog met sportprestasies in rugby, krieket, netbal, hokkie, skaak en selfs hengel. Met meer as 12 sportsoorte om van te kies, bied ons ‘n sportsoort vir elke sportliefhebber.

Ons waardesisteem is gebou op die vrugte van die Gees en by Hoërskool Bastion is jy nie net nog ‘n leerder nie; jy word deel van die Bastion-familie.

Ons pragtige terrein is ‘n getuienis van ons trots en by Hoërskool Bastion kry elke aktiwiteit, op sport-, kultuur- en sosiale vlak sy plek in die kollig!

Kom kyk waaroor die gekekkel van ons werkskeppende skool gaan by ons opedag op 6 April 2022 waar jy die Bastion Buffels se gees ten volle kan ervaar.

Groei saam met ons, deur respek tot sukses, op die Bastion-plaas.

Lees meer op die skool se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.