Jong Stadsboer Veldskool in die Bosveld aangebied

(Foto verskaf)

ʼn Jong stadsboer se hart is op die plaas, in die veld tussen die skape, beeste, hoenders en wild. Hy droom daarvan om sy kakieklere en velskoene te dra en sy hande vuil te kry. Maar die boertjie is vasgevang in die stad se geraas en straatligte.

Op Berchtesgaden Game Ranch and Lifestyle Farm in die Vaalwater-omgewing in die hartjie van die Waterberge, besef ons dat daar soveel kinders daar buite is met ʼn droom om te boer maar nie die geleentheid het om die plaaslewe te ervaar nie. Ons wil graag vir kinders, van graad 8 tot graad 10, ʼn hupstoot gee om hulle drome te bewaarheid met ʼn veldskool van 3 tot 9 Oktober 2021.

Die eerste Jong Stadsboer Veldskool was ʼn reusesukses in 2020, en is nou ʼn jaarlikse instelling. Die program het ten doel om die jeug die geleentheid te gee om beide boer- en wildsplaas te ervaar asof dit sy eie is. Ná ʼn harde dag op die plaas tussen die beeste en skape, of aktiewe dag in die bosveld op die spoor van ʼn koedoebul, keer alle Stadsboere terug na ons luukse lodge waar hulle in ʼn veilige omgewing drie maaltye per dag sal ontvang en veilig kan uitrus vir die volgende dag.

Op die Lewenstyl-boerplaas sal die seuns en dogters leer hoe om ʼn bees te melk en ook die geleentheid hê om ʼn lammertjie te voer. Hulle sal die dag se eiers uit die hoenderhok haal en meer leer van varke, hoe om ʼn perd te ry en hoe om hulle te versorg. Daar is ook aktiwiteite soos skyf- en boogskiet en hoe om knope te vou. Die kinders sal geleer word oor onkruid en hoe om dit te bekamp.

Op die Wildsplaas sal veldgidse die Stadsboere die bosveld in begelei. Ná die week sal hulle meer weet van spoorsny en hoe om die bok te identifiseer wat die spoor in die sand gelaat het. Die verskil tussen sekere boksoorte op die wildsplaas sal ook uitgewys word. Tydens ʼn nagmars ervaar hulle die melkweg soos nog nooit tevore nie en hulle sal nagdiere leer ken wat net hier te sien is. En wat is ʼn veldskool sonder ʼn stokbrood wat gaar gemaak word oor die geknetter van ʼn bosveldvuur? ʼn Besoek word afgelê aan die skietbaan met ʼn kursus oor wapenveiligheid. Die wenner van ʼn skyfskietkompetisie sal die voorreg hê om ʼn jag te doen wat die kos sal wees vir die nag se uitslaap.

Hierdie is maar net ʼn paar van die aktiwiteite vir die week – kom deel in hierdie en nog vele meer. Alle aktiwiteite vind plaas onder toesig van bekwame en ervare persone.

Skryf gerus hier in: https://berchtesgaden.co.za/to-do/jong-stadsboer-veldskool

Lees meer oor hierdie Bosveldplaas en wat dit vir die hele gesin bied: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/reis/n-jag-en-wegbreekbestemming-om-van-te-droom/

Geniet hierdie video van die 2020-kamp, voorberei deur die studente:

Dit was byvoorbaat 'n week wat die groep nooit sal vergeet nie. Baie dankie aan die personeel en helpers van Berchtesgaden Ranch & Farm in Vaalwater vir alles wat jul vir die kinders gedoen het. Ons kan nie wag vir die volgende kamp nie..

Posted by Jacques Struwig on Saturday, October 31, 2020

 

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.