Klein Carlien spog met ses oumas

Die vyf geslagte vroue saam: Carlien, Chané, Maryna Roux. en Babs Visser en Ouma grootjie.

Die vyf geslagte vroue saam: Carlien, Chané, Maryna Roux. en Babs Visser en Ouma grootjie.

Om ʼn ouma te hê is wonderlik, om twee te hê beteken dubbel die liefde en bederf, maar vir klein Carlien Meyer wat in Desember 2016 gebore is, is daar geen tekort aan oumas nie aangesien sy ses van hulle het.

Carlien se ma, Chané (27), sê wat dit nog meer spesiaal maak, is dat daar nou vyf geslagte vroue aan haar kant van die gesin is. Chané se ma (46), ouma (67) en oumagrootjie (87) woon almal in Vereeniging en is uitermate trots op dié jongste toevoeging tot dié kring van vroue. Chané se ander ouma (aan haar pa se kant) woon ook in Vereeniging, wat dit sommer maklik maak wanneer almal saam kuier.

“Dit was so ongelooflik om te sien – al hierdie vroue so bymekaar. Ek kan dit eintlik nie beskryf nie. Dit is regtig spesiaal en ek weet nie of daar nog mense in Suid-Afrika is wat ook só geseënd is nie,” sê Chané.

Dié klomp het gister bymekaar gekom vir ʼn fotosessie om dié spesiale gebeurtenis te verewig.

“Toe my oumagrootjie haar vashou het sy net so na haar gestaar. Sy het vreeslik gespog met haar jongste kleinkind. Oumagrootjie is nog baie sterk – sy woon op haar eie,” sê Chané.

Chané en haar man, Corné (27), woon in Germiston, waar Corné se ouers, en sy ouma ook woon. In Germiston is daar dus sommer nóg twee oumas naby wanneer Chané en Corné ʼn handjie nodig het.

Patricia Meyer, Chané se skoonma, wat Maroela Media ingelig het oor dié gesin, meen dit is werklik spesiaal.

“Ons klomp oumas is nie net sommer aanneem-oumas nie, ons is haar bloed,” sê Patricia.

Met ses oumas kan daar kwalik enige tekort aan liefde en warm drukkies wees vir klein Carlien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ulandi ·

Wow, dis so spesiaal! Wens my Oumie het nog gelewe, sy was ‘n wonderlike mens en ekt so baie by haar geleer, van liefde vir my medemense, passie vir diere en gehoorsaamheid en respek vir my ouers en God! Kleine Carlien, jy is waarlik geseën, geniet jou Oumas want hulle is engele sonder vlerkies!

Elize ·

My kleinseun van 10 jaar het ook 6 oumas gehad tot onlangs toe een ouma op 96 oorlede is..nou het hy 5 asook n stiefouma.

Rozanne ·

Ek is net so geseënd om deel te wees van 6 oumas vir ons pragtigste kleinkinders Lizané (3 jaar) en Lyha (1 jaar). So dankbaar en ‘n groot voorreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.