Video: Kom ons gesels oor doeltreffende skoolbestuur

(Argieffoto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media.)

Wat presies is doeltreffende skoolbestuur? As jy dink dit gaan slegs oor ʼn skool se akademiese prestasie het jy ʼn baie eng benadering tot skoolbestuur.

Vir Verna Stuurman gaan dit veel eerder oor die geleenthede wat vir leerders en onderwysers by ʼn skool geskep word en ʼn skool se hele waardestelsel. Sy glo hierdie groot verantwoordelikheid om rigting te gee en geleenthede te skep, begin alles by ʼn hoof van ʼn skool se denkwyse en ʼn skool se dagbestuur is ook hier van kardinale belang.

Stuurman beskik oor drie dekades se kennis in die onderwyssektor: sy was hoofonderwyskundige, kringspanbestuurder en kurator-prinsipaal vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement se skoolverbeteringsprojek.

Rene Arendse, motiveringsafrigter en aanbieder van die Afrikaanse onderwysnetwerk (AON) se reeks podsendings oor die onderwys, het met Stuurman gesels oor haar ervaring en die beginsels waarmee sy doeltreffende skoolbestuur benader.

Sy het Stuurman ook gevra waar sy dink talle skoolbestuurspanne die meeste van hulle foute maak.

Kom luister na die volledige gesprek hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.