Kreatiewe idees om jou kinders mee besig te hou

As afsondering lank raak, kan jy hierdie kreatiewe idees gebruik om jou kinders mee besig te hou. Klik hier vir nog meer idees vir die jongspan.

Waterballon-krieket

Waterballon-krieket (Foto: iCandy Handmade)

Krieket kan na ʼn nuwe vlak geneem word as jy waterballonne as balle gebruik.

Kyk hier hoe om dit te maak

Borrelplastiek-stempel

Borrelplastiek-stempel (Foto: Art Bar)

Gebruik daardie orige borrelplastiek om ʼn selfdoenstempel te maak waarmee jou kinders patrone kan maak.

Kyk hier hoe om dit te maak

Vuurwerke in ʼn glas

Vuurwerke in ʼn glas (Foto: Paging Fun Mums)

Al wat jy nodig het, is olyfolie, water en koskleursel en kinders kan oor en oor verskillende kombinasies maak.

Kyk hier hoe om dit te maak

Selfdoen-arkadespeletjie

Selfdoen-arkadespeletjie (Foto: Frugal Fun vor Boys and Girls)

Gebruik ʼn ou boks, plastiekballe en ʼn wasgoedmandjie vir hierdie spel.

Kyk hier hoe om dit te maak

Speelgoed-valskerm

Speelgoed-valskerm (Foto: No Time for Flashcards)

Enige van jou gunstelingspeelgoed of Lego-mannetjies kan nou met ʼn valskerm van die kombuistoonbank na die grond spring.

Kyk hier hoe om dit te maak

Borrelverf

Borrelverf (Foto: Happy go Lucky)

Wanneer die weer hulle nie toelaat om buite te speel nie, kan jou kinders vir lank besig bly met hierdie maklike borrelverf. Geen spesiale toerusting is nodig nie.

Kyk hier hoe om dit te maak

Speelklei

Speelklei (Foto: Smart School House)

Eerder as om nog iets te bak, kan hierdie lekker speelklei gemaak word wat jou kinders lank sal besig hou.

Kyk hier hoe om dit te maak

Naellakverf

Naellakverf (Foto: Pink Stripey Socks)

Gebruik ou naellak om hierdie marmer-geïnspireerde kunswerke te maak.

Kyk hier hoe om dit te maak

Gesigboek

Gesigboek (Foto: I heart Crafty things)

Laat jou kinders oë, neuse en monde teken en maak almal in ʼn boekie vas. Blaai daardeur en kyk hoeveel snaakse gesigte daaruit kom. Die snaakse gesigte sal kinders vir lank besig hou en hulle kan selfs vir elke gesig ʼn naam gee.

Kyk hier hoe om dit te maak

Seepboot

Seepboot (Foto: I Heart Naptime)

ʼn Geut, ʼn bietjie water en ʼn koekieseep kan vir ʼn baie lekker speletjie sorg en elke kind kan hul eie vlaggie vir hul skip maak.

Kyk hier hoe om dit te maak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.