Kunsteskool van die jaar 2020 gesoek

Die gehoor by die Aitsa Afrikaanse musiektoekennings in 2019. (Foto: Reint Dykema.)

Solidariteit Jeug, die Jeug Gilde van Solidariteit, het verlede jaar in samewerking met die Gilde vir Kunste, vir die eerste keer ’n Kunsteskool van die Jaar aangewys.  Hierdie kompetisie vind vanjaar weer plaas.

Solidariteit glo natuurlik in uitnemendheid in jou beroep, en uitnemendheid in jou beroep begin reeds op skool waar jy die eerste treë van opleiding neem en jou eerste ware ervaring opdoen.

Om ’n Kunstenaar te wees is natuurlik ook ’n beroep, en die pad na sukses in hierdie beroep begin in meeste kunstenaars se gevalle by hul skole.

Die hele punt van hierdie inisiatief is om erkenning te gee aan daardie skole wat die ekstra myl stap en ’n ruimte skep waar kinders hulself kan uitleef op die gebied van die Kunste. Solidariteit Jeug wil ’n beloning gee aan skole wat die geleentheid aan kinders bied om hul talente te ontwikkel en uit te leef.

Dit gebeur dikwels dat daar aan ’n kunstegroep, of net kunstenaar, erkenning gegee word, maar dit gebeur baie selde dat die skool beloon word – juis daarom dat hierdie inisiatief op die been gebring is.

Wat moet ’n skool alles doen om in aanmerking te kom om aangewys te word as Kunsteskool van die Jaar?

Skole neem teen mekaar deel op ’n gedetailleerde puntetotaal, wat soos volg uiteengesit is:

KategorieSpesifikasiesPuntetotaal
PrestasiePrestasie op internasionale, nasionale, provinsiale, en plaaslike gebied.

Bewys moet teen 14 September 2020 gelewer word van alle prestasies op kunsgebied tussen 1 September 2019 en 1 September 2020. Bewyse sluit in afskrifte van sertifikate, mediaberigte en plasings op amptelike e-platforms.

Puntetoedeling sal vervolgens geskied:

Eerste plek tydens ’n internasionale kompetisie: 10

Eerste plek tydens ’n nasionale kompetisie: 8

Eerste plek tydens ’n provinsiale kompetisie: 5

Eerste plek tydens ’n plaaslike kompetisie: 3

Top5 tydens ’n internasionale kompetisie: 7

Top5 tydens ’n nasionale kompetisie: 5

Top5 tydens ’n provinsiale kompetisie: 3

Top5 tydens ’n plaaslike kompetisie: 1

Deelname aan ’n internasionale kompetisie: 4

Deelname aan ’n nasionale kompetisie: 2

Slegs een prestasie sal per kompetisie tel. Indien een skool dus ’n eerste en tweede plek behaal, sal slegs die eerste plek vir hierdie afdeling geld.

Maks. 30
Afrikaans: DeelnameDeelname aan, en die uitbou van Afrikaanse Kunste.

Deelname aan eksterne Afrikaanse Kultuuraktiwiteite: 2 punte per aktiwiteit waarvan bewys gelewer kan word.

Fasilitering van interne Afrikaanse Kultuuraktiwiteite (Bv. interne revue, musiekgeleenthede, debat- en redenaarskompetisies): 2 punte per aktiwiteit waarvan bewys gelewer kan word (foto’s van die geleenthede kan ingedien word)

Maks. 20
FasiliteringHier word die fasilitering en aanbied van kunste-aktiwiteite bepunt.

Gasheer van ’n plaaslike kunstegeleentheid: 4

Gasheer van ’n provinsiale kunstegeleentheid: 5

Gasheer van ’n nasionale kunstegeleentheid: 6

Gasheer van ’n internasionale kunstegeleentheid: 8

Maks. 20
Sosiale Media TeenwoordigheidAfrikaanse plasings van kunste-aktiwiteite op Instagram en Facebook word bepunt, slegs as Solidariteit Jeug se rekening of profiel in die plasing gemerk is.

Mees aktiewe sosiale media gebruiker: 10 punte

Tweede mees aktiewe sosiale media gebruiker: 8 punte

Derde mees aktiewe sosiale media gebruiker: 6 punte

Maks. 10
Afrikaans: InnovasieIn hierdie kategorie moet die skool aantoon dat hulle Afrikaans in ’n skeppende en innoverende manier uitgebou het op kunstegebied in die tydperk tussen 1 September 2019 en 1 September 2020.  Die mees innoverende projek sal met 5 punte beloon word.Maks. 5
Bonuspunt: LedeDie skool met die grootste persentasie aansluitings by Solidariteit Jeug tussen 1 Maart 2020 en 1 September 2020 kry ’n addisionele 5 punte.Maks. 5
TotaalMaks. 90

Skole kan dan tussen 1 en 15 September 2020 hul finale verslae, wat bewys lewer van al hul aktiwiteite tussen 1 September 2019 en 1 September 2020, aan [email protected] stuur.

Wat ontvang die wenskool verder alles?

Solidariteit Jeug gee ’n kontantprys van R10 000 en hulle kom oorhandig hierdie prys aan die skool met ’n saalbyeenkoms. Op daardie dag word ’n video oor die wenskool gemaak, wat natuurlik wonderlike bemarking bied.

In 2019 is die wenskool vereer met ’n Aitsa-toekenning. Miskien gebeur dit vanjaar weer? Waar kan skole meer uitvind oor hierdie kompetisie, die reëls en regulasies?

Solidariteit Jeug se webblad, www.jeug.co.za, kan besoek word vir al die bepalings en voorwaardes, maar dié inligting sal ook op Solidariteit Jeug se Instagram-, en Facebook-profiel gelaai word; skole, leerders, en onderwysers is welkom om Solidariteit Jeug op hierdie platforms te volg.

Kyk hier is 2019 se Kunsteskool van die Jaar-wenners:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

Die lys laat my wonder wie betaal vir alles en dan sal dit seker maar net die ryk skole wees wat dit sal kan doen.
Baie jammer. Hoe lyk dit wil Solidariteit nie so ‘n paar miljoen vrystel dat van die armer skole ook kan deelneem nie. Dit kos baie om in die buiteland te reis.

Paul ·

Hi Leon, ek dryf die projek. Stuur gerus jou griewe na [email protected] – ek kan wel noem dat geweldig baie “armer” skole ongelooflike goed doen sonder groot hoeveelhede geld.

Groete, Paul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.