Laat jou kind speel-speel leer met Opvoedpret

Opvoedpret bied opvoeding in noodbelangrike areas onder andere emosionele intelligensie en sosiale- en lewensvaardighede op ʼn prettige manier; en in die vorm van episodes deur karakters soos Lollos & Lettie, Buster & Bella, Klikkerland en meer.

Kinders leer ook baie deur speel en die pakket sluit lekker praktiese aktiwiteite en speletjies vir die verdere vaslegging van lesse in. Ouers kry ook waardevolle inligting vanaf kundiges oor elke tema.

Die fokus is op kinders tussen die ouderdomme van drie en nege jaar.

Juliemaand se tema: Boelies en boeliegedrag

ʼn 12-jarige seun van die Vrystaat het onlangs sy eie lewe geneem nadat hy vir ʼn geruime tyd geboelie is. Dit is ʼn absolute tragedie en beslis nie die enigste geval nie. Ons sien gereeld kinders wat hul eie lewens neem, in hospitale beland, ernstige mediese sorg of sielkundige behandeling nodig het, om nie eers te praat van al die emosionele letsels wat ʼn hele rits nagevolge op sigself op die langtermyn het op jong kinders en hul toekoms nie.

Boelies kan in die meeste terreine van ons lewens gevind word. As kinders besef ons nie altyd die geweldige effek wat dit op maats kan hê nie, bloot omdat ʼn kind nie altyd verstaan nie. Soms word jou kind geboelie en soms is jou kind die boelie! Nie een is aanvaarbaar nie, en dis ons verantwoordelikheid as ouers om ons kinders hieroor op te voed, sê Joleen Coetzee, eienaar en skepper van Opvoedpret.

Opvoedpret fokus in Juliemaand op Boelies en vat hande saam met Buster & Bella, en Arette Burger as kundige.

Arette Burger is ʼn spelterapeut en het haar meestersgraad in die holistiese ontwikkeling van kinders voltooi. Die episodes is gebaseer op Arette se jare van navorsing en evaluering van meer as 3 000 kinders. Die dinge wat ouers in dié eksklusiewe Opvoedpret-podsendings leer, kan ʼn impak hê op volgende generasies.

Nie alle kinders boelie nie. Party kinders maak maar bloot net foute en dit kwalifiseer ʼn kind nie noodwendig as ʼn boelie nie. In Julie gaan kind en ouer onder andere leer hoe om boeliegedrag te identifiseer, te definieer, die verskillende vorme van boelie uit te ken, hoe om dit te hanteer, met wie om te praat en hoe om nie net ʼn toeskouer te wees nie, maar ʼn vriend vir iemand in nood; asook om meer begrip vir ander en hul situasies te hê. Om empatie te ontwikkel van kleins af, is ongelooflik belangrik en waardevol.

Augustusmaand se tema: Aksie en Reaksies, Verantwoordelikhede en Gevolge

Het jy al gehoor van die boemerang-generasie? Dit verwys na jong volwassenes wat ná skool die huis verlaat en op hulle eie probeer woon, maar faal omdat dinge moeilik raak, en dan terugkeer huis toe. Dit gebeur dikwels omdat die kind nooit verantwoordelikhede in die huishouding gehad het, hulle nooit regtig keuses gegee is of hulle swak keuses nie konstante gevolge gedra het nie. Dit help nie jy wil jou kind beskerm (al is jou bedoelings hoe goed) deurdat hulle totaal afhanklik van jou is, maar hulle is daarna ontoegerus vir die “regte wêreld” nie.

Augustusmaand takel Opvoedpret, tesame met Klikkerland en Wietske Boon as kundige, twee lywige, belangrike temas: Aksie en Reaksies; en Verantwoordelikheid en Gevolge.

Wietske is ʼn spelterapeut en buiten haar uitmuntende werk met kinders, gee sy ook ouerleiding en verleen ondersteuning aan onderwysers deur middel van werkwinkels en seminare. Sy is welbekend, en werk gereeld saam met gesoute joernaliste en was al betrokke by meer as 30 tydskrifartikels onder andere in Baba & Kleuter, Lig Tydskrif, Vrouekeur en meer.

Kinders leer dat hulle regte het, maar ook dat hulle verantwoordelikhede het wat daarmee gepaardgaan. Dit word vereenvoudig tot die mees basiese kinderregte en op ʼn vlak wat relevant en verstaanbaar is vir die kind. Kinders leer byvoorbeeld dat hulle die reg het tot ʼn veilige tuiste, maar dat dit hulle verantwoordelikheid is om dit skoon en netjies te hou; dat hulle die reg het tot mediese versorging, maar dat hulle die verantwoordelikheid het om na hulle liggaam te kyk (byvoorbeeld om tandjies te borsel, gesond te eet, genoeg water te drink, ens).

Hulle leer ook van Aksies en Reaksies en dat hulle keuses het. Elke keuse het egter ʼn gevolg. As jy ʼn ballon met ʼn speld steek, gaan die ballon bars.

Klikkerland gebruik iets alledaags soos ʼn verkeersligstelsel om hulle te help om die besluitnemingsproses te verstaan en die gevolge van elke besluit te oorweeg sodat hulle in die toekoms meer verantwoordelike besluite kan maak.

Areas waar kinders die meeste besluite moet maak, soos persoonlike higiëne, keuses per omstandighede, gehoorsaamheid en groepsdruk, word onder andere uitgebeeld.

Wietske raai ouers ten sterkste aan om verantwoordelike kinders groot te maak aangesien dit ernstige probleme later in kinders se lewe verhoed, maar ʼn verantwoordelike kind het ʼn verantwoordelike opvoeder nodig! Dit is juis wat Opvoedpret se aanslag so waardevol maak.

Kry Opvoedpret sommer vandag nog

Met Opvoedpret “koop” jy nie net bloot kinder-episodes van kinders se gunstelingkarakters nie. Opvoedpret se programme is holisties saamgestel om beide ouer en kind te bemagtig, en dan die gesin verder te help met die vaslegging van boodskappe deur oulike, prettige aktiwiteite wat daarmee gepaardgaan. Aktiwiteite kom in die vorm van speletjies en praktiese dinge wat ouers en kinders kan uitvoer, aangesien kinders die beste en meeste leer deur speel.

Opvoedpret-episodes (met moeilike temas soos emosies en boelies) is saamgestel om ook soms sekere vrae by ʼn kind aan te wakker en skep dikwels ook die geleentheid om onderliggende probleme te ontbloot. As jou kind byvoorbeeld ʼn bang emosie ervaar tydens ʼn episode oor ʼn sekere situasie, bied dit die geleentheid vir die ouer om dieper ondersoek in te stel en te bepaal hoekom die kind bang is. Is die kind dalk net sensitief of is daar iemand of iets wat die kind bang maak? Die ouer is ook dan reeds bemagtig deur ons kundiges om die situasie aan te spreek en te hanteer.

Met Opvoedpret ontvang jy ook genoegsame waardevolle inligting van kundiges, soos Alyssa Loftus (ook bekend as Medicine Mommy), deur middel van podsendings en video’s – almal kort genoeg maar kragtig – wat die ouer ten volle toerus, waarvoor jy andersins ten duurste vir ʼn ouerskapskursus sou betaal.

As jy nou eers van Opvoedpret gehoor het, en vorige maande se inhoud misgeloop het, het ons goeie nuus vir jou! Op ouers en onderwysers se aanvraag, kan inhoud nou vir ʼn beperkte tydperk opgevang word teen ʼn eenmalige bedrag.

Besoek www.opvoedpret.co.za/shop
– Kry ons Juniemaand Emosie-tema met Klikkerland, Lynette Beer & Antoinette Steyn van EQ4Kids
– Kry ons Korona-pakket saam met Lollos & Lettie, Klikkerland, Buster&Bella & Arette Burger!

Klik hier om die webwerf te besoek
Klik hier om aan te sluit
Klik hier om die Facebook-blad te besoek
Vir meer inligting kontak Opvoedpret per e-pos by [email protected] of skakel 082 410 7682.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.