LitNet bied gratis eksamenhulp

skole matrieks matriek matriekeksamen onderwys

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Is jy op soek na gratis oefenvraestelle vir jou skoolgaande kind?

Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op hulle skoleportaal. Alles is gratis. Klik hier om die hulp te kry.

LitNet se oefeninge, vraestelle en memorandums is belyn met die KABV en opgestel deur onderwysers en kundiges wat in die praktyk met die kurrikulum te doen het.

Elke graad is duidelik gemerk. Waar nodig dui hulle ook aan watter deel van die vak, of watter tydperk van die jaar, se werk gedek word.

LitNet plaas ook verrykingsmateriaal, video’s en ander artikels wat moeilike begrippe verduidelik.

Alles is gratis.

Daar is meer

Soek jy tekste om lees- of luisterbegrip te oefen? Gaan loer by LitNet se afdeling vir nuwe skryfwerk.

Soek jy nuus oor kos, kuns of musiek? Wat van boeke en skrywers? LitNet het iets vir jou.

Wil jy meer weet oor die akademiese debatte oor die onderwys? Lees wat die kundiges sê in LitNet Akademies en in die skoleportaal.

LitNet is ’n gratis, onafhanklike internetjoernaal.

Vir LitNet is die toekoms van Afrikaans as onderrig- en akademiese taal baie belangrik. LitNet ondersteun die kunste, aktuele debatte, kritiese gesprekvoering en nuwe skryfwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.