Luister: Helpende Hand stel Afrikaanse lees-apps bekend


Helpende Hand het vandag 'n reeks Afrikaanse apps bekendgestel. Foto: Skermskoot uit video

Helpende Hand het vandag ‘n reeks Afrikaanse apps bekendgestel. Foto: Skermskoot uit video

Helpende Hand het vandag ‘n reeks Afrikaanse apps bekendgestel wat daarop fokus om kinders te leer lees en skryf.

Die drie apps, naamlik Dieretuinpret, Leespret en Skryfpret, is spesifiek vir graad eens ontwikkel.  Die apps bied onder meer die voorlesing van ‘n alfabetboek, ‘n Dag by die dieretuin, deur die alombekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs. Die apps bevat ook speletjies vir die skryf van letters en selfs ‘n platform vir opwindende versterkte realiteit (“augmented reality”).

Tydens die geleentheid het Helpende Hand ook 15 tabletrekenaars aan die Laerskool Du Preez Van Wyk oorhandig vir die gebruik in die skool se graad een-klasse.

Maroela Media het tydens die bekendstelling van die apps met Dr. Lizette de Jager van die Universiteit van Pretoria se onderwysfakulteit gesels oor die belangrikheid van tegnologie vir kinders se ontwikkeling en Annette Taljaard van Helpende Hand vertel ook meer van hoe die apps werk.

Die gratis apps is beskikbaar op die Google Play Store en die Apple App Store. Gaan loer gerus hier om meer daaroor te lees of uit te vind waar jy die apps kan aflaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bianca ·

Baie mal oor die apps. Ek kry net nie leespret nie,maar wel dieretuin pret en skryf pret.

hemelia ·

Ek hou van die app dit sal die kinders baie vinnig leer lees en dan speel hulle ook nog beste ding ooit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.