Luister: Is huiswerk nog sinvol vir leerders?

Kind_huiswerk_skryf_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die debat oor die waarde van huiswerk doen gereeld die rondte op onderwysgroepies op sosiale media. Om die braaivleisvuur hoor ons gereeld van ouers wat tot laat aand saam met kinders spook om huiswerktake betyds af te handel.

In hierdie episode van die reeks Podvoeding, gesels ons met ’n gesoute onderwyseres en projekkoördineerder, Hildegard Brummer, oor die opwindende verandering in die onderwys wat sy al kon implementeer. Die span aanbieders hoor wat die waarde van voorbereiding is en ook hoe die omgekeerde klaskamer, nuwe hoogtes in leerderprestasie kan bereik.

  • Skink ʼn koppie boeretroos en kom luister saam na die volledige gesprek oor die toekoms van onderwys boaan hierdie teks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.