Luister: Issues en ouma se tiesjoes


Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

“My neus loop,” kla Magdi. Dis kwart voor sewe op ‘n Saterdagoggend. Goed koud. En in plaas van in ons beddens, is ons in die motor, op pad na Magdi se arbeidsterapietoelatingseksamen.

“Dit is net ‘n ouma wat elke ete in die ouetehuis haar ongebruikte servetjie sorgvuldig sal opvou en in ‘n ou jogurthouertjie bêre, het ek met ‘n glimlag gedink toe sy hulle die eerste keer soos ‘n kosbare kleinood aan my oorhandig.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.