Luister: Ja, daar is ’n toekoms vir Afrikaanse onderwys

Leon Fourie is die uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum. (Foto verskaf)

Dit is geen geheim dat Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika in ’n krisis is nie. Die aanslag teen Afrikaanse skole, wat ondanks enorme uitdagings steeds floreer, word jaarliks net groter.

Slegs 1 303 van die ongeveer 25 000 skole in die land is nog Afrikaanse enkelmediumskole – 15% minder as in 2012. Skole en skoolgemeenskappe het die meeste beheer oor kwessies waaroor hulle self kan besluit, en moet poog om hul selfstandigheid te versterk.

In hierdie reeks gesels Johan Koekemoer van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met kenners in die onderwys oor hoe die toekoms van Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika moet lyk.

Ja, jy het reg gehoor, daar ís ’n toekoms vir Afrikaanse onderwys.

In dié podsending gesels Koekemoer met Leon Fourie wat tans aan die stuur van die SOS is oor sy roeping na die onderwys en die beste model vir leer in die plaaslike onderwyssektor. Luister na die volledige gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.