Luister: Onderwysers dink my kind het AGHS, wat nou?

Foto ter illustrasie. (Foto: Annie Spratt/Unsplash)

Dit gebeur alte dikwels dat opvoedkundiges besef dat een van die leerders op die skoolbanke voor hulle moontlik aandaggebrek‑hiperaktiwiteitsindroom, oftewel AGHS, het.

Dit is ook dikwels die geval dat die ouers van dié leerders nie gemaklik met die idee is nie.

In die sesde episode van Maroela Media se podsendingreeks oor AGHS vind ons by dr. Jerrie Bezuidenhout, psigiater en direkteur van mediese dienste by Vista Kliniek, uit hoe die gesprek tussen ouers en opvoedkundiges oor AGHS moet verloop.

Skakel volgende week in vir die volgende episode van Maroela Media se podsendingreeks oor AGHS. In hierdie episode vind ons by dr. Bezuidenhout meer uit oor die wanopvattings oor AGHS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.