Luister: Wat beteken etiket nou eintlik?

Aletté-Johanni Winckler. (Foto: verskaf)

“Wanneer ons die woord etiket hoor, dink baie van ons dadelik aan duisende streng reëls wat gevolg moet word, en stel ons amper onmiddellik nie daarin belang nie. Ek werp vandag ’n bietjie lig op hierdie onderwerp.”

Só sê Aletté-Johanni Winckler, ’n voorkomskonsultant en bestuurder van Girl-School, ’n afrondingskool vir meisies, in die sesde episode van haar podsendingreeks oor etiket, selfbeeld en selfvertroue op Maroela Media.

  • Luister boaan na Aletté-Johanni Winckler se raad vir ’n goeie selfbeeld.
  • Besoek hierdie webwerfInstagram-blad of Facebook-blad vir meer inligting oor Aletté-Johanni Winckler.
  • Besoek hierdie webwerf vir meer inligting oor Girl-School, Aletté-Johanni se afrondingskool vir meisies. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VaalDonkie ·

Etiket is daar om jou te help om ‘n goeie tyd te he. Dis nie veronderstel om jou ongemaklik te maak nie. Dis waarom die reel daar is dat die gasvrou die toon aangee en die res inval.

Kattebol ·

As almal maar daardie reël wil toepas…
Op my (tweede) troue was al die gaste al knuppeldik ge(vr)ëet toe ons inkom na die foto’s. Daar was letterlik géén soethappies oor nie en niemand het daaraan gedink om vir ons n bordjie te pak nie. Daar was nie n bruidstafel nie .

Chris ·

Ek kan dit regtig nie verstaan waarom daar mense is om ander mense goeie beskaafde optrede/ maniere te leer nie. Dit moet in die ouerhuis gedoen word. Elke groep het mos “own kaltjar” wat wenkbroue lig. Maar vir wie? Sosiale vaardighede is die ander vaardigheid wat regtig waar aangeleer moet word. Daar is niks meer afstootlik as ‘n ongepoetste ploert of ploertin nie. Die ou verskoning “ek is wie ek is of vat my soos ek is” is net ‘n verskoning om platvloers te wees. Dieselfde, ” ek is ‘n reguit mens”. Is dit ‘n verskoning om ongeskuk of ongevoelig te wees. Of dalk onder die dekmantel van “eerlik”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.