Luister: Wees ’n kreatiewe mentor vir jou kind

(Foto: Phil Hearing/Unsplash)

Die toekoms is onvoorspelbaar – almal kan daarvan getuig – en selfs nou nog meer te midde van ’n pandemie. Dit laat talle ouers wonder hoe hulle hul kinders kan voorberei vir ’n lewe in ’n wêreld wat altyd en al hoe vinniger verander.

Dr. Kobus Neethling, ’n kenner op die gebied van kreatiwiteit en ontwikkelaar van die instrument wat jou eie breinprofiel bepaal, sê as ouers hul kinders kan help om kreatief te dink, is die stryd reeds halfpad gewen.

Neethling sê kreatiewe vaardighede sal bepalend wees vir ’n kind se sukses in die toekoms. Hy verskaf ook ’n paar wenke oor hoe om ’n kreatiewe mentor vir jou kind te wees.

Maroela Media het ook by Neethling uitgevind hoe jou denkvoorkeure jou benadering tot ouerskap sal beïnvloed, waarom ’n breinprofiel vir jou en jou kind belangrik is en hoe dit jou kan help om ouerskap in die snelveranderende tye aan te pak.

  • Luister na die volledig gesprek boaan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.