Matriekklas van 2019 is Trekkers se trots

Matriekvreugde by Hoërskool Bethlehem Voortrekker (Foto verskaf)

Kwaliteituitslae is deur die klas van 2019 van Bethlehem Voortrekker behaal tydens die afgelope Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

By Bethlehem Voortrekker streef ons daarna om elke leerder volledig toe te rus vir tersiêre studies. Met ʼn groot verskeidenheid vakke en 154 uiteenlopende leerders met verskillende talente, slaag ons in 2019 om dit reg te kry.

Voortrekker is besonder trots op sy 2019-matriekgroep: Hulle behaal ʼn 99,35%-slaagsyfer. Altesaam 153 uit die 154 matrieks slaag en plaas Voortrekker weer eens onder die topskole in die Vrystaat tydens die Prestige Prysuitdeling in Bloemfontein.

Die kwaliteit van die uitslae is egter van besondere belang. Voortrekker se Wiskunde en Fisiese Wetenskap-departemente is onder die toppresterende skole in die Vrystaat. Ons kan met trots sê dat Voortrekker hierdie prestasie jaarliks behaal. Hierdie prestasie kan net in drie vakke, nl. Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde behaal word. Daarby is uitstaande individuele prestasies ook behaal.

Ten opsigte van kwaliteit is dit ook belangrik om daarop te let dat daar in totaal 162 onderskeidings behaal is. ʼn Totaal wat na alle waarskynlikheid aansienlik sal verhoog sodra die hernasien van eksamenskrifte afgehandel is. Wat egter selfs belangriker is, is dat 153 uit die 153 matrieks toelating tot tersiêre studies verwerf het. Van hulle kwalifiseer 77,1 % vir graadstudies, 20,9% vir diplomastudies en 2% vir hoër sertifikaat. Altesaam 11%(17) leerders kwalifiseer ook vir Tegniese rigting (N3-teorie) met Siviele/Meganiese Tegnologie as spesialiteitsrigting.

Hierdie syfers bewys weereens dat Voortrekker sy leerders vir die toekoms voorberei. Ons leerders se individuele prestasies maak ons ook baie trots.

Cara van Wyk, Liezl Kasselman, Lene Kruger, Renemarie Human en Kristen Anderson (Foto verskaf)

Vier van hulle is onder die provinsie se Top-100, nl. Beate Boshoff (7), Hannes Kruger (6), Margaux le Roux (7) en Laura Wessels met 9 A’s (Afrikaans Huistaal, English First Additional, Wiskunde, Lewensoriëntering, Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde, Addisionele Wiskunde en Musiek.)

Die volgende aantal leerders het uitstekend presteer het tydens die afgelope eksamen: Een leerder met 9 A’s, vier het sewe onderskeidings, een met 6 , vier met 5 elk, en vier met 4 elk.  Daarby het 10 leerders elk 3 onderskeidings, 12 leerders 2 en 27 leerders het elkeen een onderskeiding ontvang.

Vakonderskeidings is soos volg, in alfabetiese volgorde:
Afrikaans EAT – 6
Afrikaans HT – 6
Besigheidstudies – 5
English FAL – 20
English home – 2
Fisiese Wetenskap – 13
Gasvryheidstudies – 2
Geografie – 7
Ingenieurgrafika en -ontwerp – 8
Lewenswetenskappe – 13
Lewensoriëntering – 45
Musiek – 2
Rekeningkunde – 9
Siviele tegnologie – 1
Visuele kuns – 1
Wiskunde – 11
Wiskundige geletterdheid – 11

Voortrekker se akademie is topprioriteit. Daarom wens ons al ons 2019-matrieks, hul ouers en onderwysers hartlik geluk met die puik uitslae! Sukses is die resultaat van volgehoue harde werk . Uitnemendheid deurstaan die toets van tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.