Matrieks: Kom ontspan en hou dinee in die Bosveld

Jacuzzi by Berchtesgaden (Foto verskaf)

*Die datum vir hierdie spesiale matriek-safari word geskuif om matrieks die geleentheid te gee om die twee vraestelle af te handel wat oorgeskryf moet word. 

Tydens “hierdie” tyd van die jaar is daar vir matrikulante gewoonlik talle aktiwiteite wat spesiaal vir dié tyd van die jaar gereël word. Een daarvan is die matriekafskeid waarvan daar min of geen in 2020 was nie, die matriekeindeksamen wat ʼn gegewe is en natuurlik die gewilde matriekjol waar die meeste 18-jariges koers kies kus se kant toe. Dis gewoonlik Plettenbergbaai, Ballito of Jeffreysbaai of sommer net daar waar ʼn magdom matrieks bymekaar is en partytjie hou.

Dit was die norm – maar nou breek ons die norm!

Hoekom altyd kus toe gaan? Hoekom nie eerder Bosveld toe waar die lowergroen bos, die eksklusiwiteit van ʼn luukse lodge en die geleentheid om net rustig te raak ná ʼn baie besige jaar vir jou sal wag nie?

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm nooi matrikulante uit om vir ʼn week lank saam met medesielsgenote die Bosveld te kom ervaar. Hierdie is ʼn eksklusiewe aanbod vir ʼn maksimum van 25 matrieks om saam met ons die week op die wildsplaas en lewenstyl boerplaas te kom meemaak. Formele aktiwiteite word beperk tot een per dag waarna die kosbare “me-time” tot jou beskikking is. ʼn Magdom ekstras en ander aktiwiteite, wanneer jy wil, is beskikbaar en ingesluit. Die enigste ekstra is die spabehandelings en die skoot wat sal klap as jy nog nie vanjaar in die jagveld was nie en graag ʼn stukkie biltong vir volgende jaar wil skiet. Selfs ʼn Groot 5-wildsrit is binne 30 minute vanaf die lodge beskikbaar.

Berchtesgaden (Foto verskaf)

Waarvoor wag jy nog?  Trek jou beste vriend nader, maak jou bespreking en ons ontvang jou graag in die Bosveld vanaf 27 Desember 2020 tot 2 Januarie 2020. Dit gee die matrikulante dus ook kans om Kersfees by hulle familie te wees en die nuwe jaar in die hartjie van die Bosveld te spandeer voor hulle vir die volgende fase in hulle lewe aanmeld.

Stuur ʼn WhatsApp met jou naam en van asook e-posadres voor 22 Desember 2020 na 083 250 7989 vir meer besonderhede en die volledige program.

En moenie vergeet nie, Berchtesgaden reël selfs ʼn dinee met ʼn spoggerige aansitete – net om alles spesiaal te maak en jou 2020 op ʼn hoë noot af te sluit.

Besoek die webwerf by berchtesgaden.co.za

Swembad by Berchtesgaden (Foto verskaf)

Berchtesgaden (Foto verskaf)

Berchtesgaden (Foto verskaf)

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.